Kew-skietery in raaisel gehul

Die voorval waarin vier mense in Kew, Johannesburg, doodgeskiet is, bly ʼn raaisel.

Die vier persone is Maandagaand in ʼn pakhuis naby Londonweg in die Mimosa informele woonbuurt naby Kew doodgeskiet, berig EWN. ʼn Vyfde persoon is gewond en na die hospitaal geneem. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Gauteng, glo twee gewapende mans het die gebou betree en op die mense losgetrek.

Drie van die slagoffers is doodgeskiet terwyl hulle onder ʼn kombers in ʼn slaapkamer wou wegkruip. Die vierde slagoffer is glo buite in die straat geskiet in ʼn poging om te vlug. Mogale sê die motief vir die moord is nog onbekend. “Die slagoffers is nie beroof nie,” het Mogale gesê.

Al vier die slagoffers, insluitend ʼn tienerdogter, kom glo van dieselfde dorp in KwaZulu-Natal, maar die polisie kon dit nog nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.