Khulubuse Zuma verloor glo miljoene in goudtransaksie

Khulubuse Zuma. Foto: Sunday Times

Khulubuse Zuma. Foto: Sunday Times

Khulubuse Zuma en sy sakevennoot, Sikhumbuzo Shamase, het glo miljoene rande spandeer aan ʼn besoek aan Conakry, hoofstad van Guinee, om R50 miljoen se goudstawe te gaan haal wat toe al die tyd vervals was.

Die Sunday Times berig dat Zuma en Shamase glo op 16 Februarie vanjaar by Lanseria-lughawe geland het waarna die vrag deur gewapende wagte na die OR Tambo-lughawe geneem is vir berging. Daar is egter later vasgestel dat die vrag koper- en sinkstawe bevat het ter waarde van slegs sowat R7 000. Zuma en Shamase sê die vrag is deur Guinee se sentrale bank as 99,9% suiwer goud geklassifiseer. Die goud is van 250 dorpsbewoners in Guinee gekoop. “Dit is ʼn korrupste stelsel waar die weermag en tradisionele leiers saamspan,” het Shamase aan die Sunday Times gesê. Hy sê hy weet nie wat skeefgeloop het nie aangesien hulle al voorheen soortgelyke transaksies gedoen het waar als volgens plan verloop het. Shamase het glo aan die koerant gesê hulle het besluit om dit nie by die owerheid aan te meld nie aangesien dit “donker Afrika” is. Die transaksie is onder die naam van die maatskappy Sham-Mok Investments gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Is hierdie lummel nie die neef van Zuma nie ? Die een wat te vet was om in die hof te verskyn !

Waarom dit nie aanmeld nie – want hy weet … BEDROG EN SKELMSTREKE !

Het die balju al sy bates opgeskryf ?

SANETTE HENNING ·

Ja en het hy invoerbelasting betaal skerlik n saaik wat SAID kan ondersoek die Jinne waar kry mens R50mil en dan was daar vorige transaksies ook

schalk hoon ·

Sommige mense is DOM gebore , maar weet nie dat hulle nie weet nie . Geld en welvaart maak jou nie slimmer nie .

vuurvreters ·

Trip jy weet mos sars kan hom niks doen nie. Jyt vergeet hoe is dinge. Kyk waar is die twee wat te siek is vir die tronk? Lang sigare op die. Golf baan en met n glas wyn langs die swembad.

Jasper ·

Kry vir jou Katvis.Voor die Nuwe S.A. het hy en ander niks besit nie. Waar kom die miljoene nou vandaan ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.