Kieserregistrasie verloop glad op Dag 2

stemDie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Sondag gesê die tweede dag van kieserregistrasie verloop glad.

“Dit gaan goed met die proses. Omdat dit ‘n Sondag is probeer ons mense oorreed om seker te maak dat hulle registreer om te stem,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, gesê.

Daar is reeds talle mense wat Saterdag en Sondag geregistreer het, maar die kommissie wil seker maak dat almal registreer om aan die algemene verkiesing in 2014 deel te neem.

Altesaam 22 263 registrasiepunte is van 08:00 tot 17:00 oop.

Indien jy onseker is of jy geregistreer is om te stem of waar jy geregistreer is om te stem, kan jy ‘n SMS na 32810 stuur met jou identiteitsnommer (R1-00 per SMS). Besoek die OVK se webwerf om die registrasiepunt naaste aan jou op te spoor.

Lees ook:
Enkele onderbrekings by registrasiepunte
Registrasie in Bekkersdal gesluit weens geweld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Demokraat ·

My kinders het by ‘n registrasiepunt in die Wes-Kaap gaan aanmeld vir registrasie en was daar toe geen vorm meer in Afrikaans beskikbaar nie – nog net slegs in Zoeloe. ‘n Weldoener het hulle gehelp met vertaling en kon die registrasieproses immers afgehandel word. Mens moet seker maar nie kla nie – dis soos dit in Afrika gedoen word !!

Seg ·

Demokraat nee magtig mens mot kla. Dit is van a die stilbly dat ons as Afrikaners sit waar ons sit.

Seg ·

Demokraat nee magtig mens mot kla. Dit is van al die stilbly dat ons as Afrikaners sit waar ons sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.