Kiesers kan tot amptelike aankondiging registreer

Argieffoto

Argieffoto

Kiesers kan nog tot die amptelike bekendmaking van die verkiesingsdatum registreer, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Vrydag gesê.

“Die OVK wil dit benadruk dat Vrydag se aankondiging van die verkiesingsdatum nie die amptelike bekendmaking van die verkiesingsdatum verteenwoordig nie,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, in ʼn verklaring gesê. “Kieserregistrasie sal dus steeds tot die amptelike aankondiging voortduur.”

Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat die vyfde nasionale algemene verkiesing op 7 Mei 2014 sal plaasvind. Bapela sê die amptelike bekendmaking sal na verwagting vandeesmaand plaasvind.

“Sodra dié aankondiging gepubliseer is, sal die OVK ʼn verkiesingsdagboek vrystel. Dié dagboek sal die sperdatums vir die indien van kandidaatlyste deur politieke partye en aansoeke vir spesiale stemme insluit.”

Die OVK sal die volledige dagboek, in samewerking met politieke partye, in die Staatskoerant publiseer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsie Venter ·

Waar kan ek uitvind van spesiale stemme vir 2 bejaardes van Klaradyn Aftree-oord, Proteahoogte, Brackenfell WeskaAp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.