Kim Jong Un se ex oor pornografie tereggestel

Hyon

‘n Voormalige vriendin van die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong Un, het voor ‘n vuurpeloton gesterf, luidens berigte deur die Suid-Koreaanse media.

Hyon Song-Wol, ‘n sangeres, is met ‘n pornografiese rolprent betrap waarin sy self opgetree het. Sy is saam met nog elf ander vermaaklikheidskunstenaars doodgeskiet terwyl hul gesinne toegekyk het. Dié massa-teregstelling het reeds op 20 Augustus plaasgevind, maar die nuus het nou eers na die media uitgelek.

Die paartjie se verhouding is tien jaar gelede beëindig toe dit deur Kim se pa verbied is. Hyon is daarna met ‘n soldaat getroud, terwyl Kim met Ri Sol Ju getroud is.

Berigte is teenstrydig oor of Kim ‘n aandeel in die teregstelling gehad het. Volgens sommige berigte het Kim self die teregstelling gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter ·

Liewe hemel, wat gaan aan mense, hulle maak ‘n stoute filmpie, en moet met hulle lewens daarvoor boet, en julle verlustig julle aan die mense se afsterwe. SWAK man.

Amy ·

Jammer Pieter, maar later sou gewone pornografie nie meer ‘goed genoeg gewees het nie’, en dit kon in kinder-pornografie oorgegaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.