Kimberley-man verbrand

‘n Man van Kimberley is Saterdagoggend dood nadat hy in sy huis verbrand het.

Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die brand het in die vroeë oggendure ontstaan terwyl die man in sy plakkershuis in die Galeshewe informele nedersetting geslaap het.

“Na wat verneem word, het iets wat die man gebruik het om sy huis te verhit, die brand veroorsaak,” het Wicks gesê. “Die brand het vinnig deur die plakkershuis versprei en dit het heeltemal afgebrand. Die man se verkoolde liggaam is in die puin gekry.”

Die brand het nie na ander plakkershuise versprei nie en niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.