Kimberley-universiteit maak 2014 oop

Die eerste universiteit in die Noord-Kaap sal in 2014 sy deure oopmaak, het die departement van hoër onderwys gesê.

Die regsproses om die universiteit van die grond af te kry is bevorder nadat ‘n dokument van voorneme Dinsdag deur verskeie amptenare in Kimberley onderteken is. “Planne vir konstruksie kan nou in September 2013 ‘n aanvangs neem en die eerste programme kan in die 2014 akademiese jaar aangebied word,” het minister Blade Nzimande, minister van die departement, gesê.

Nzimande, Grizelda Cjiekella, die provinsie se waarnemende premier, en Agnes Ntlhanqula, burgemeester van die Sol Plaatjie-munisipaliteit, het Dinsdag die dokument van voorneme onderteken. Die universiteit sal in Kimberley, op provinsiale- en munisipaliteitsgronde opgerig word.

Dié universiteit is een van die eerste twee wat in post-apartheid Suid-Afrika gebou word. Die ander universiteit word in Nelspruit, Mpumalanga beplan en sal na verwagting ook in 2014 sy deure oopmaak.

Die tesourie het die studies onderskryf en R2 miljard allokeer, wat tussen 2013 en 2016 uitbetaal sal word, sodat die universiteite opgerig kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.