Kind (5) kry glo pak op tweede dag van skool

boudjies

Die foto is digitaal gemanipuleer ter wille van die sensitiewe aard van die foto. Foto aan Maroela Media verskaf deur die ouer, Nadia Potgieter.

ʼn Ontstoke ouer van Koppies in die Vrystaat het haar twee kinders uit Laerskool en Hoërskool Sarel Cilliers verwyder, nadat haar vyfjarige seuntjie op sy tweede dag van graad R glo pakslae by sy onderwyseres gekry het.

“My kind was Woensdag so opgewonde toe hy skool toe moes gaan, hy kon omtrent nie wag nie,” het die ouer, Nadia Potgieter, ʼn ma van drie kinders (onderskeidelik 3, 5 en 10 jaar oud), Vrydag aan Maroela Media gesê. “Toe ek hom aflaai by die skool het hy nie eens gehuil nie en vir my gesê ‘sien mamma later’.”

Potgieter sê toe sy haar seun die middag by die skool gaan oplaai, het hy gesê hy wil nie weer skool toe gaan nie. Sy het hom daaroor uitgevra, maar hy het nie verder uitgebrei nie.

“Toe ek hom Donderdagoggend wakker maak, het hy weer gesê hy wil nie skool toe gaan nie, maar ek het hom gedwing om te gaan. Omdat hy moeilik was, het ek saam met hom tot in die klas gestap. Hy het egter geskree en agter my uit die klas gehardloop. Ek het hom weer in die klaskamer in gevat, waarna hy weer uitgehardloop het. Ek is vir die derde keer met hom in die klaskamer in waarna die onderwyseres vir my gesê het ek moet eerder gaan, dan sal hy nie weer uit hardloop nie. Ek is toe daar weg, maar het vir 10 minute lank so ent verder gaan staan en wag, want hy wou nie ophou huil nie.”

Sy het ná 10 minute besluit om terug te gaan na die klaskamer waar sy na bewering self gesien het hoe die juffrou haar seun ʼn paar klappe met die plathand op sy boud gee. “Mens kon dit tot in die Kaap gehoor het so hard was dit,” het Potgieter gesê. Sy het glo op die juffrou afgestorm en vir haar gevra wie haar die reg gegee het om die kind te slaan. Die juffrou het glo beweer die kind het haar geslaan, geskop en gebyt. “My kind doen dit nie eens by die huis nie, hoekom sal hy dit daar doen?”

Potgieter is direk na die voorval na die onderhoof se kantoor waar sy haar ingelig het oor die voorval. “Die onderhoof het vir my gesê dat ek moet kalmeer en dat ons daaroor moet praat, want ek het vir haar gesê ek gaan ʼn saak van aanranding by die polisie aanhangig maak.” Potgieter is van daar na die Koppies-polisiestasie toe waar sy die saak aanhangig gemaak het.

“Ek is weer terug na die skool om my kind se skryfbehoeftes te gaan haal en my oudste seun uit die skool te haal, want ek is bang hy gaan geviktimiseer word. Ek, my ma en my suster het toe saam met die onderwyseres ʼn vergadering by die hoof belê. Die onderwyseres het soveel onsin kwyt geraak dat ek uit woede daar uitgestorm het,” sê Potgieter

Sy is in die proses om vir haar kinders ander skole te soek en sê sy wag nou vir die polisie se ondersoek om die pad vorentoe te bepaal. “My kind het nou ʼn vrees vir skole, ek hoop net alles kom reg,” het sy gesê.

Kapt. Naude, stasiebevelvoerder van die Koppies-polisiestasie, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak van aanranding daar aanhangig gemaak is. Hy kon nie verder oor die saak uitbrei nie en gesê dit word ondersoek.

Martinus Willemse, die skoolhoof, het aan Maroela Media gesê hy het die saak by sy hoofde by die departement van onderwys aangemeld vir verdere ondersoek. Hy het ook gesê die skool gee sy volle samewerking aan die polisie. Hy is deur die departement aangeraai om nie verdere kommentaar te lewer nie.

Howard Ndaba, ʼn woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê oor die algemeen is enige vorm van lyfstraf ʼn kriminele misdryf en word dit glad nie by skole aangemoedig nie. Hy het gesê dit is goed dat die ma die saak by die polisie aangemeld het, sodat dit ondersoek kan word en die reg sy pad kan gaan. Hy het ook gesê die departement sal ʼn interne ondersoek van stapel stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

hendrien ·

Nee hell kyk as dit met my kinders moet gebeur klap ek n juffrou oor n taffel

Mary-Irene van Staden ·

My oorlede Ouers het nooit hul hande vir ons opgelig nie. Daar was nie drank nie gevloek nie geskree op ons. Ek en my oorlede man het nooit n hand vir een van ons drie dogters opgetel nie. Trots op hulle. Ek het kleinkinders in S.A en Engeland Dankie daar was nooit hande gelig vir hulle. Dankie Here hul het Respek vir Mense. Maar Boeta of Sussa lig jou hande vir hulle maak nie saak wat nie, eks daar. 58 jr se nie wat ek beoefen ek gaan nie stilstaan bel die Ambulance vir jouself. Jou laaste skooldaggie vir altyd. Weet ek sal dalk jou ongeskikheid fondsie moet betaal. KOM

Debbie Biermann ·

Ek dink dis heel moontlik dat die kind die juffrou wou skop of byt.’n 4 jarige het al voor my gestaan met bebalde vuisies. Ons onnies moet baie onsin vat van stout kindertjies wat eerder by die huis wil bly!!

Eben ·

Ek het simpatiek met julle Debbie. Ek glo daardie seuntjie sal nou ore he en luister as Juff sê sit stil. Die Juff sal verseker nie onnodig die kind slaan. Die kind is seker n bedorwe skepsel of laat oor druk drie en nie ore. Daardie houe het verseker sy ore oopgemaak. Sterkte vir julle Debbie!! :-))

Danille ·

Al het die kind haar geskop of slaan gee dit haar nie die reg om aan die kind te slaan nie !!! My kind is my lewe as ek op so voorval moet afkom sal ek die juffrou tien teen een telyf gaan …. as n onderwyser nie weet hoe om so n kind te hanteer nie moet hul nie met kinders werk nie en dalk n ander loopbaan volg …

Elsie ·

Gonda en dan as jy nie jong kind slaan as hy jou slaan nie, waar gaan hy opeindig, vroueslaner, boelie, nee wat buig die boompie terwyl hy jonk is, genade julle lewe in ‘n wereld wat julle kinders maak dat hulle aanrand, slaan en gaan opeindig in tronke, ek sal in my lewe nie stilstaan dat kind aan my slaan nie sorry hy moet geleer word dit is nie reg nie mens slaan en byt nie grootmense of eens ander kinders nie, wonder of jy kinders het, dan staan jy seker stil dat hulle jou slaan en byt….

AmY ·

Wat gebeur het, is nie reg nie. Daai onderwyseres het GEEN reg gehad om die kind te slaan nie. Dit hoort nie meer so nie.

Ek sal my graad1-jaar (daar was toe nog nie ‘n graad R/0 nie) nooit ooit vergeet nie.

Ek was baie stadiger as die ander kinders (nie stout nie). En ek is byna elke liewe dag oor die onderwyseres se skoot getrek. Dan het sy my voor die hele klas geslaan. Soms sò erg, dat ek myself natgemaak het.
Dan het sy my die hele dag sonder my broekie laat loop.

Daai tyd het jy nie vir jou ouers vertel wat gebeur nie. My graad 1-jaar was HEL, en dit het ‘n impak op my hele skoolloopbaan gehad.

Die ergste: Ek het gedink dat dit is hoe dit moes wees. Dat as ek foute gemaak het, sy die reg gehad het om my so te slaan en te behandel.

Later het ek ook in standerd 3 ‘n soortgelyke mans-onderwyser gehad vir wiskunde. Weereens, het ek nooit my ouers daarvan vertel nie. Selfs nie eens van die keer toe hy my baie erg rond geruk en gepluk het voor die hele klas omdat ek nie ‘n wiskundeprobleem kon oplos nie. En nee, ek was nie stout nie. Ek was amper te bang om asem te haal in sy klas.

Ek weet hoe daai seuntjie voel. My hart gaan uit na hom.

Johann ·

ek het die artikel gelees
Die kind was alreeds ‘n probleem VOOR die ma weg is

Die juffrou het glo beweer die kind het haar geslaan, geskop en gebyt…die ma het ook verskriklik oordryf en daar is defnitief nie ʼn paar klappe met die plathand op sy boud nie…maybe net een ou houtjie vir ‘n kind wat hande uitgeruk het.

Miskien moet daar dalk bietjie meer strenger met die kind by die huis opgetree word sodat hy respek vir andere kan leer en nie net altyd sy sin kry nie want dit is duidelik wat hier gebeur het…die kind kon nie sy sin kry nie en toe sy woede op die onderwyser uitgehaal Ek voel jammer vir die arme onderwyseres wat heeldag met die bedorwe kindertjies moet werk

Delea ·

Johann ek is jammer maar as dit net een houtjie was, was dit ‘n baie baie harde houtjie. Die oomblik wanneer daar merke aan ‘n kind ontstaan word dit beskou as mishandeling, met die uitsondering van ‘n spesifieke kondisie, kan ongelukkig nie nou die naam onthou nie. Punt is sy as sekondere versorger was nie veronderstel om aan die kind te slaan nie.

Lizane ·

Se jy so omdat hy uit die klas uit gehardloop het. Omdat hy tien teen een geweet het wat gaan gebeur as sy ma gaan. Nee jammer ek stem nie saam jou nie Johann

Leandri ·

Hoekom sou die kind eers wou skooltoe gaan en toe ewe skielik nie?? Maak nie sin nie, daai juffrou moes die vorige dag al iets aan daai kind/kinders gedoen het, ek sal daai juffrou met my kaal hande verwurg as dit my kind was. Daai is defnitief nie met die hand geslaan nie.

Carmen ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Hou liewer jou kommentaar vir jouself. As die onderwyseres lief vir kinders is soos dit hoort, het sy presies geweet hoe om die situasie te hanteer sonder om geweld te gebruik. Die kind sou nie so gereageer het as sy hom nie rede gegee het om haar nie te vertrou nie. Jy as onderwyser is veronderstel om soos ‘n ouer op te tree vir enige kind. So onderwyseres hoort nie in daardie beroep nie. (Ek is beslis nie so onderwyseres nie)

Delea ·

Ek stem saam met Debbie dis heel moontlik dat die kind die onderwyser kon geskop, slaan, klap ens het, maar dit gee geensins die onderwyser die reg en of die toestemming om die kind pak te gee nie. Die kid se reaksie kon verskeie oorsake gehad het. Hy was of bang, die skool was dalk nie soos wat hy dit vir homself uitgemaak het nie – teleurstelling. Wat ook al die rede die kind sal homself nooit ooit teen ‘n volwassene kan verdedig en of beskerm nie.

Lizane ·

Ek stem Delea dus die waarheid wat jy daar se. Dus ongehoort vir sulke dinge om te gebeur.

simone ·

Dis my tannie se seun en die kind is rustig en is nie soos Johann se nie en hy is maniere geleer en het nie met die onderwyser aan gegan nie die kind is onskuldig angerant

Eben ·

Simone as die seuntjie so soet is, van wanneer af besluit hy hy wil nie skool toe? Nee maggies …. my seun dit durf waar het, dan het sy gat gebrand! Sterkte vir jou tannie hulle met die bedorwe brat!

Danille ·

Die kind wou nie die volgende skool toe gaan nie omdat daar moontlik al aan hom geslaan of dalk lelik was met hom die vorige dag ….. Lees die artikel die kind was die 1ste dag van skool baie opgewonde om skool toe te gaan. Die 2de dag wou hy nie gaan nie .. DANK DAAI JUFFROU AF MAN !!!!

Ina ·

mm .. gegan .. angerant ? snaaks dat kinders altyd onskuldig is ,, Ons is gevoeter toe ons klein was en het niks oorgekom nie .. Onderwysers mag ongelukkig nie meer slaan nie ongeag wat die gedrag van die kind is …

marianne ·

Hehheheh Ina ……ek het ook daai gruwelike spelfoute opgemerk….. Miskien moes n paar anders kinders ook n paar klappe gekry het dan kon hulle dalk spel…..

Lewies ·

Ek se Julle dis ouers soos Daai wat veroorsaak dat brads Groot word!!!!!!! N pakslae op sy tyd het nog ooit skade gedoen nie!!! N onderwyser sal nie uit bloute besluit net sommer om kind te takel nie,dis duidelik deur die ma se optrede dat sy maar bietjie self order soek Moet gaan doen

Eben ·

Gie gie stem Lewies …. een op die niere … een op die gat en drie skoppe op die maermerrie!! Boetaaaaaa dan luister hulle :-)

Lizane ·

Eben is dit wat jy doen. We’ll jammer almal is nou nie jy nie.

Monica ·

Ek kan nie glo daar is mense wat sulke wrede en ligsinnige kommentaar lewer nie. Die kind is 5 jaar oud en die onderwyser seker ten minste in die 30 jrr. Na my beskeie mening sou ek sê, dat ek dink van die 2 is die onderwyser die een wat al jare gehad het om te leer om selfbeheersing toe te pas. Vyf jaar? Nee, daar is ernstig iets fout.

nadia ·

Ek was daar dis my kind en my kind is nie n probleem nie en ek glo as jy toelaat dat jou kind deur vreemdes laat slaan en dit los is jy nie n ma of pa se naam werd nie en ekt n ent weg gestaan en met my eie 2 oe gesien wat gebeer het!so voor jy judge lees mooi en maak seker van jou veite!en my kind sal nie buit nie ook nie slaan nie!so kom by in die lewe

Lizane ·

Nadia moenie laat dit wat die mense se jou onder kry nie. Jy het jou kind groot gemaak en weet wat hy sal doen en nie sal doen nie en jy was daar hul was nie daar nie. Hoop net jou kind lei nie skade deur dit nie. So hul sal nie verstaan nie. Hou moed vrou en weet dat daar baie is wat saam jou staan ek is verseker een van hul. Sterkte vrou dink aan jou al ken ek jou nie,maar ek staan by jou.

b j smit ·

jy se dat jou kind nie so is nie dis volgens jou het jy al gesien hoe die brats hulle selfs in n kleuterskool gedra hy sal seker net soos jy deur die skool gaan en nie eers behoorlik kan spel want jy kan nie

simone ·

Eben weet jy neh eks jammer maar jy ken ons nie so jy kan nie se hys n bedorwe brad nie en jy was nie daar nie so moet eeder nie se hys n bedorwe brad nie asb dan bly jy eder stil en hoekom sal hy so graag wil skool toe gan en net iewe skielik nie daar moes dan iets gebeur het

hendrien ·

Dit gee di juffrou glad ni di reg om di kind so te slaan ni ek self n ouer van 2 kinders laat n juffrou of mnr net waag om hul kloue te lug vir my kinders. Nadia ek as ouer staan agter jo

Lizane ·

Ek stem volkome saam. Ek haat dit as mense se kinders is brats. Dus ten to one ook mense wat nog nie eers kinders van hul eie het nie. Nadia ek sou ook so optree. My kinders is ook my als. Hoop net daar word iets daaraan gedoen.

Liz ·

Ek praat nie noodwendig die optrede van die onderwyser goed nie, maar in my dae op skool het ons maar lekker pak gekry as ons ongehoorsaam was. 5 is dalk bietjie jonk vir sulke straf, maar hoeveel mense wat voor die 90’s in skole was, het gereeld slae gekry, en ons is nie noodwendig slegter daaraan toe nie. Die vrees van vandag se onderwysers en selfs ouers om kinders te dissiplineer, uit vrees vir geregtelike gevolge, is in my opinie belaglik. ‘n pak slae op die regte tyd is nie noodwendig verkeerd nie.

Danille ·

Geen onderwyser het die reg om aan n kind te slaan nie en klaar !!! I

Cassie Kruger ·

geen kind het die reg om n ander mens te slaan skop en byt nie !!!!!! of is dit n reg van kinders om volwassenes aan te rand en dan daar mee weg te kom en as hy 5 is en nog nie weet dis verkeerd nie is daar fout by doe opvoeding. as n kind my aanrand gaan ek my verdedig en as n taai klap dit doen wel be it.

mariaan ·

Geen volwasse person vernaam ‘n onderwyseres mag hulle hande lig vir ‘n kind. Ek gee toe dat party kinders onhebbelik mag wees maar daarom moet daar juis die regte discipline toegepas word. die onderwyseres is duidelik nie opgewasse om met kinders te werk nie, sy is veronderstel om die grondslag te le vir die volgende jaar en daarna se 12jaar van skoolgaan.

Leandri ·

Ek stem, maar pakslae van jou ouers. Niemand slaan aan my kinders nie, ek sal hulle @@@@@!!! Nadia, ek staan agter jou!! Daai juffrou moet op haar plek gesit word.

Kobus ·

Ek stem nie saam met mishandeling nie. Ek wens net al die ouers wil net verstaan dat kinders moet desepliene ook geleer word. Dis van al daai mammas se engelkies wat die wereld so agteruit gaan en kinders handuit ruk, want daar is geen disepliene nie en hulle weet die wet is agter hulle. Dis waar al die boelies en alerhande wangedrag vandaan kom. Daar mag nie te hart met die kinders gepraat of gewerk word nie of die ouers hardloop poliesie toe. Shame DIS WAAR AL DIE ONGESKIKTE EN VERWAANDE KINDERS KOM WAT OOK NIE RESPEK VIR GROOT MENSE HET NIE. Daai agter stewe is gemaak om die oore oop te maak en die verstand te verhelder.

Lizane ·

Kobus dus waarvoor ouers daar is om hul eie kinders te tugtig en jy kry onderwysers wat besluit hul hou nie van jou kind nie dan pik hul op jou kind en dit gee hul n knou vir die res van hul skool loopbaan.

Lizane ·

Ek stem saam met jou Delea dus die waarheid daar moes beslis die vorig dag iets gebeur het dat dit gemaak het dat hy nie wou terug gaan nie. Ek kan nie verstaan hoekom word mense onderwysers as hul nie met kinders kan werk nie. Ek kan jou verseker behoede my dat my kind in so onderwyser se klas moet wees. Ek kan daai onderwyser belowe sal sy tweede kom.

Gideon ·

My kleinseun se boudjies lyk ook so en beslis nie van hou op die agterent nie. Kyk hoe sit die rooi kolletjies oral ? Ek weet nie elke dag so vrek mooi nie ? Dalk moet ons eerder maar die hele skool onderwys sisteem vir ons blankes maar afskaf. Ouers didssiplineer nie meer nie, die skool mag nie dissiplineer, en ons het die mees wreedaardigste onderwysers en onderwysers in die wereld wat net onskuldige opgevoede bloetjies aanrand en vergruis vir res van hul lewens.
Aan die anderkant kan ons baby boomers nie juis praat, ons was nooit deur wreedaardige onderwyser / onderwyseresse aangerand ons was die mees voorbeeldigste opgevoede kinnertjie wat jy kon kry. Die meeste van ons verstaan nie heeltermal hierdie hedendaagse manier oor houtjies op boutjies nie.

Met al hierdie wreedaadigheid wat nou in ons skole plaasvind waar so + 100 kinders dalk houtjie kry……Kom ons skaf eerder die hele skoolstelsel af —te wreedaardig vir woorde.

Sê-ook-net ·

Jong, Nadia, die beste raad wat ek vir jou kan gee is om dalk saam met jou kind in te skryf… Op die manier kan jy hom dophou en beskerm, en dalk leer jy ook ‘n les of twee oor spel.

Ons is ‘n hou of twee toegedien op skool en ons kan spel en ons het maniere gehad.

Elizabeth ·

Daai vrou onderwyser kan bly wees was nie my kind nie sy het geen geen reg gehad om dit te doen my suster se seuntjie selle ouderdom is omdat sy moet werk in nasorg by sy skool ook so geteister deur pepper in sy keel te gooi wanneer hy hartseer na sy ma gehuil het. Duidelik die wat saam stem dat dit reg was self hul kinders so slaan. Ek sal nooit my kind se foute weg wys nie , maar niemand het die reg om jou kind anders as ouer te tig nie. Ons sit ons kinders in skool omdat dit die onderwysers se werk is om hulle leer en veilig te laat voel. As ouer voel jy klaar soos sleg om jou kind se in sorg van ander wat hulle nie ken te los en dan gebeur sulke goed genade man sy sal haar dag kry.

Cassie Kruger ·

Het die kind die reg om haar aan te rand? Die ma moet hom leer om respek te he vir volwassenes. uit en klaar n hou op die boud is beter as uit tande as hy groter is.

Babs ·

Kyk eers of daar enige ander ouers is wat klagtes het omtrent die onderwyser. Is die ander kinders gelukkig in die klas? Maak assebllief 100% seker van julle feite voor julle die onderwyser kruisig.

Barend ·

Nadia miskien moet jy maar saam met jou kind na jannie se slimskool toe gaan, jy kort baie aandag ten opsigte van jou spelling.

Paul Smith ·

Hel ouens waar was julle op skool voor julle kinders gehad het dat julle wragtigwaar nie kan spel nie. Julle maak van die Afrikaanse taal so ‘n gemors dat ek my skaam om Afrikaans te praat en wens dat die taal liewer totaal verdwyn. Miskien kan julle dan ‘n ander taal leer waarvan julle die woorde kan spel.

Valerie ·

Mooi so dame dat jy die saak aangegee het! Sterkte vir julle! Die arme kindjie is nou getraumatiseer en ons as grootmense sal nie werklik weet wat in sy kinderhartjie aangaan nie! Ek hoop die onderwyser word hard gestraf! Wa is daar ooit plek op n kinderlyfie om so pak te kry? Hoop sy word verbied om ooit weer ha voete in n skool te sit!

Jurg ·

My pa en onnies het my pers geslaan… Dit was bitter seer. Maar is vandag so dankbaar vir ELKE hou en wens soms hulle het dit meer gedoen. Buig die boom terwyl hy jonk is sê HY!!

Gideon Erasmus ·

Agge nee, onderwysers julle is verantwoordelik vir baie sielkundige gevalle wat deur julle toedoen veroorsaak is. As onderwyser behoort julle te weet hoe mens met so verskrikte kind werk. Ek is ‘n boer en kry soms met verskrikte beeste en kalwers te doen, nooit haal ek my woede op hulle uit nie, want dit sal hulle net nog meer beangs maak!

Kobus ·

Van julle se spelling en woordbou is so dat van julle op ‘n vroeër ouderdom as die kind uit die skool uit gemoker is.

Larry ·

Is jy te dom om te lees as daar spel voute is. En jy lewer komentaar. AAAAP.

Maritha ·

Deesdae se spelling is vir my ook n splinter op ‘n teer plek!!!

nog 'n Kobus ·

Ja-nee ek stem saam met jou Kobus dat ons ou volkie deesdae nie kan spel nie.
Ek let ook op dat die woord “brat” as aanvaarbare Afrikaanse woord deur sommige mense beskou word..
Trek maar gerus die woordeboek nader as julle sukkel met ‘n woord, dis waarvoor dit daar is.

jaco ·

N onderwyser moet aan my kind slaan die here hoor my ek maak nie n saak nie ek rand hom of haar so aan hulle sal nooit wee wil skool gee nie en sal met kuns bene en arms rond loop

Jolindy ·

Ons is beslis op skool nie net met plat hande gemoker nie, maar met lineale oor ons palms en ‘n ordentlike pak deur die hoof nou en dan. Ek weet wat is dissipline, en alhoewel Afrikaans my tweede taal is, glo ek as gevolg van ‘n goeie skool-agtergrond, dat ek ten minste in die taal kan spel. Vandag se jonger ouers besef nie watter waarde ‘n streng skool-sisteem as fondasie vir hulle kinders beteken nie

Santjie Van Eeden ·

Ek sou ook my kinders daar uitgehaal het. Daai juf moes iets aan die kind gedoen het dat hy so reageer! Die kind was dan opgewonde om skool toe te gaan! Wat het sy aan die kind gedoen??
Is daar nie ander ouers wat se kinders ook so gehuil het nie?

bekommerd ·

Almal lees net een kant! Wie van jul weet wat regtig gebeur het! Wie se die STORIE is waar??

Onderwysers het die moeilikste beroep, soms is ouers erger as die kinders!! Dink mooi, voor jy ‘n oordeel vel!

elmina ·

asb mense, is julle so kwaad dat julle nie kan spel nie. Die dier het ‘n vel….

Hester Wilken, ·

Ek kan dink hierdie mamma is woedend, wat se reg het daardie onderwyseres gehad om ‘n klein seuntjie aan te rand en hom bowenal ‘n vrees vir skool te gee nog voordat hy begin het met sy skoolloopbaan. Wonder hoe gaan dit by haar huis, sy moet sommer summier geskors word, kinders het nie sulke onderwyseresse nodig nie. Vat haar vas

Rachelle ·

Kom ons wees almal eerlik. Ons is almal getugtig op skool en my kinders ook. Daar was absoluut geen probleem mee nie, maar hoor my lied, as my kind met sulke rooi boutjies by die huis gekom het was daar 8 soorte hel! N kind MOET gestraf word, ek glo vas dat dit nodig is. In my huis is die vyfpunt opvoedingsplan tot die laaste vinger gevolg, maar daar is n fyn lyn tussen tugtiging en abuse. Daai rooi boudjies is nie opvoeding nie!

Angelique ·

Johann ek stem glad nie saam jou nie. Jy het obviously nie kinders nie. As dit my kind was sou die lykswa haar net daar moes kom oplaai het. Dis gin pakslae daai nie dis kindermishandeling, anranding.. Daai juffrou moet liewer ander werk kry want sy weet nie hoe om met kinders te werk nie.. Mag sy tronk toe gaan. Sy verdien nie om in die samelewing rond te loop nie. Bid sy het nie haar eie kinders nie want dan kan ek net dink met watse vrees daai kinders moet groot word..

Ian ·

Die rede hoekom ons met sulke kriminele kinders opgeskeep is deesdae is omdat hulle nie meer slae kry nie. Siestog mamma, jou bloedjie se alie het gebrand omdat jy hom nie behoorlik opvoed nie. Hou hom in daai skool, miskien sal hy n normale grootmens word.

Tien ·

Sjoe maar hier is darem n klomp onder julle wat nie behoorlik kan spel nie. Moes dalk meer pak gekry het toe julle klein was!

Eugene ·

My eerlike opinie op die is!!! Ouers veral mamma’s maak hul seuns te sag groot!!! Ek dink die is n bog storie want die kind wou skool toe en die dag daarna weier hy!!! Whatever as n ouer nie hul kinders by huis kan opvoed nie moet hul nie tekere gaan as onderwysers dit doen nie!!! As daai kind sy hande vir my moes lig sou ek ook sy boude geslaan het!!! Maar lyk my hy het n probleem want hy byt sy juffrou!!!!! Net daar het ek sy tanne uit geruk!!! So mamma’s leer jul kinders maniere voor jul hul in skool druk!!! Juffrou ek neem jou ni kwaalik nie want natuurlik ken die mamma of haar sussie of haar eie ma niks van opvoeding nie want dan sou daai kind jou nie aangeval het nie!!!

Maine ·

N Storie het twee kante!!Die ma behandel haar kinders erger as dit.Ek het al gesien dat sy hulle aan die ore rondsleep!Ek neem daai juf.nie kwalik want,al daai kinders is ongoddelik stout!Hulle vloek en is wragtig slegte ouers.Die kind breek sy arm en hulle los hom heeldag om so te loop.Todat iemand anders in ge gryp het.Daai foto is gedokter of sy het die kind weer by die huis geslaan.Want n plat hand slaan nie so nie!!!! Sy is te vinnig om koerante toe te hardloop om aandag te trek.

pcd ·

Wel as dit my kind was het daai onderwyseres haar golf alfa tango net daar gesien ek het al met soortgelyke saak tedoen gehat en hy het nie geweet wat om te doen of se nie Nadia sterkte girl

Wandie ·

Onderwysers word opgelei om met kinders te werk (al skreeu skop of byt hulle) party hoort nie in die onderwysposte nie.Die onderyseres is duidelik nie in die regte beroep.Sy het geen reg gehad om kind so te slaan en die kindjie maar 5jaar.Die wat so iets goed praat is regtig nie by hulle positiewe verstand.Daar so baie kinders se lewens wat ‘n knak kry oor party onderwysers.

landi ·

Mense as ek my opienie kan gee hou op oordeel .Maak nie saak wie wat se nie onthou daar word ondersoeke ingestel wag vir die bewyse onthou daar is 3 kante in die saak di onderwyser se woord ouer sin en die waarheid. Maar ek moet by las as dit my kind was wat so geslaan is was ek in die tronk vir moord.

martin ·

Weet nie wat presies gebeur het nie, maar stem saam dat die ma beslis moet teruggaan skool toe en leer spel. Sy moet sommer haar niggie ook saamvat. Hoe gaan sy haar kinders help met huiswerk?

PURE BOER ·

n Paksla is nodig in ons skole om respek en maniere vir ouer mense te beklemtoon. Kinders is glad nie meer kinders soos die dae toe ek op skool was nie. Daar is geen respek aan ouer mense nie, weens lyfstraf wat nie uitgedien mag word nie. Kinders mag doen wat hulle wil. Die regering het besluit dat die kinders die ouers se baas moet wees en dat hulle aan volwasse se omgang mag he op n jong ouderdom. Dit is baie belangrik vir n kind om respek te toon vir n ouer persoon. Dink net as die kind n volwasse moet wees en geen respek vir sy baas kan he nie? My kind het omtrent 5 jaar laas slae by my gekry. Elke keer wat sy slae gekry het, het ek ha na 5 min gaan sien, met ha gesit en haar verduidelik dat ek lief is vir haar en ha nie op so n manier wil maniere leer nie en dan vertel sy my dat sy weet en vertel my ook hoekom die rede was vir die slae. Na die tyd huil ek en sy saam tot ons begin lag,,,, dan is als verby. My kind het die wereld se respek vir my, nes wat ek vir haar het en dit is als te danke aan daai pakslae. God is goed en wil he ons moet volgens Sy Woord leef. My kind is nou 11

Lumandri ·

Luister as mense onderwysers wil word moet dit by hul persoonlikheid en menswese pas!!! Jy moet geduld he en kani klape uit deel soos dit jo pas nie!!! As dit my kind was het ek die arme juff met n vuis by gekom!! As my kind stout is bel my en ek kom haal hom en vat hom na iemand toe wat weet hoe om met sulke omstandighede te werk!!! En geen kind se boudjies lyk so as mens net n hou gee nie daai hand is met geweld geplant!! Hoop sy kry ha dag!!!!

JD ·

Weet julle….as ek die kommentaar so lees, kry ek regtig skaam om te sien hoe min van julle kan spel!!!!!!

Hoekom gaan julle nie eerder saam met daai seuntjie terug na graad R toe en gaan leer van voor af om te spel nie.(Ek bedoel natuurlik diegene wat nie kan spel nie).

Vaderland…..het party van julle darem standerd 5 op skool geslaag?

Heleen ·

Ltl. Mens noem dit chat skrif. Dalk moet jy dit leer en ophou eiers le oor hoe mense spel. Inteendeel is dit n spel kompetisie die? Vra net!!!! Gewoonlik wat so aangaan oor spel foute van ander is die mense wat try beter wees as ander. :)

Heleen ·

Maak geen saak of n kind op so klein ouderdom n jufferou skop of byt nie. Enige kind op daardie ouderdom het ook vrese en is bang en onseker oor alles. Dit was nie reg van daardie juffrou om die situasie soo te hanteer nie. Sy kon die ma laat weet het en aan kind verduidelik dis verkeerd. Sit kind eeder in n hoekie as om hom so te mishandel. Nee ek se daardie juffrou moet groot word. Jy slaan nie n kind so hulle nog klein en groot mense moet kinders leer wat reg en verkeerd nie eur dood te slaan nie. Juffrou jy kan bly wees was nie my kind ek sou jou so geslaan het

JD ·

Heleen…jy noem dit “chat” skrif. Is die volgende ook “chat” skrif?

angerant – aangerand
aan gegan – gegaan
komentaar – kommentaar
gevoeter – gefoeter
veite – feite
discipline – dissipline
spelvoute – spelfoute
oordeel vel – fel….en vele meer!!!!

Dit is vir my duidelik dat jy beslis meer opleiding nodig het. Watter standerd (of graad) het jy op skool geslaag?

Brenda ·

JD, ek stem heelhartig met jou saam!!! Dit is geen wonder die kinders van vandag kan nie spel nie, want die ouers haal skaars die paal…..Ons probeer geensins BETER wees as ander mense nie, ons spelling IS beter. Punt.

Heleen ·

En ek neem aan jy nog nooit n spel fout gemaak. Lmga. Tipies waaroor tik julle. Gaan dit oor spelling of oor n KIND.

Tien ·

Heleen, ek dink jy moet bietjie gaan uitvind wat die woord “dof” beteken!

Heleen ·

Dof n betekenis van n agter stand dws soos jy. Ek dink jul dof replys is vanderbaal vetraag nes julle. Wake up boet dit gaan oor n KIND. N KIND wat ek bestempel as AANRANDING. Soos ek tik. Die is nie oor julle en julle spel kompetisies nie.

Chereze ·

As we all know their are parents that discipline their children and some NOT ! Children can’t help themselves from becoming BRATS if parents allow them to do what they like and not knowing what’s right from wrong…. And all kids go through some tantrum stage weather your a disciplined family or not , kicking,biting, screaming and smacking is all a learning , see how far they can push you stage and up to PRENTS to teach them it’s wrong! But I must say in this article I see much wr

Chereze ·

Wrong in the mother and mostly the teachers reaction to discipline a child! The mother could see the child did not want to enter the classroom and keep pushing him in without questioning him in front of the teacher why he did not want to go in… But good that she did check up on him for she saw for herself what the problem was! No teacher anywhere in the world As I’m aware are allow to do what she did…. Discipline in the other hand must be thought if there was any misbehaviour of the child towards her and DICIPLINE can be tought in many ways , for one the child should have been sent to head and parent should have been called !!! A report should have been made of the child’s behaviour and logged for future behaviour issues if there was! My opinion in this is if the child did not want to enter the classroom as the teacher has destroying his confidence and brought fear to learning By smacking my arse till it’s red I would not want to go back to school .

Chereze ·

JD and TIen sorry for spelling not always so easy, even if you speak 4 languages everyone make makes mistakes or don’t check what the wrote but this is not about being dof because you can’t spell properly …. This is about a little child being abused by teachers who needs anger management! And everyone is have a say what they think!!! As they say “if you shit stir the pot be prepared to lick the spoon”
Peace to you all! Xxx
Cherrie

Anita ·

Ek glo die onderwyseres het opleiding gekry om met kinders te werk. Daar is baie maniere om ‘n kind te beheer (Indien hy woelig was) hulle kry mos betaling of hoe. HDAD kinders van die onnies weet nie wat dit beteken of altans mee kan “”Cope”” nie. Geduld, ek het baie familie in die onderwys asook ;n dogter. Daar is geen rede om ‘n kind so te slaan nie. Ek sal haar aan die onderwys owerhede rapporteur en ook ;n saak gaan maak. Nie een kind is soet nie, selfs ook inie in die ou dae nie, maar om die 1ste dag so te lyk. Byt sommer daardie hand ook wat geslaan het, oog vir ‘n oog, tand vir ‘n tand.! ! ! !

mickey ·

ek word die jaar 50 maar ongeag al die jare wat verby is kan ek vandag nogsteeds die fisiese en verbale afknouery van my graad een juffrou onthou sy het my teen die kop gegooi met n bord uitveer my nie toegelaat om na die kleedkamer te gaan toe ek n erge maagvirus gehad het natuurlik met baie lelike nagevolge wat ek vandag nog sal erken as die vernederendste dag van my lewe kinders is nie idiote nie op daai ouderdom kan hulle al klaar onderskei tussen reg en verkeerd maar met bietjie sielkunde kon die outjie vir die res van die jaar uit haar hand uitgeeet het maar daar is te veel boelies in die onderwys en die verskoning kinders leer nie maniere by die huis nie is net om hulself vry te maak van blaam dank haar af sy hoort nie met klein kindertjies te werk nie

Heleen ·

Sarkasme noem mens kommin verby die wit streep van die pad en dis waar jy dit mis. Dis n kind kom ek vra jou het jy ooit n hart of is jy een van dai wat verby abuse kyk. As jy is moet ni eers terug reply. Elke mens kan tik soos hy wil. Jy sal verbaas wc oor hu mense tik mens num dit chat skrif. Afkortings vn wrde. Gaan slaan dit nah op jou foon. :)

marianne ·

Hehehehh……Ina ek het ook daardie gruwelike spelfoute van die ma en die niggie opgemerk…..miskien moet meer kinders n paar klappe op skool kry dan sal hulle dalk kan spel……..ek dink in elk geval daai foto van die “onskuldige” kind se boudjies is “ge – photoshop” want n paar klappe doen nie sulke skade nie…… Kinders het nie meer respek vir ouer mense nie en die mammas en pappas wat so teen n ordentlike pak of klap op sy tyd is is die grootste oorsaak van die verbal van ons samelewing….. Ons verwag van onderwysers om ons kinders op te voed maar hulle mag nie tug……bull shit man……as boetie of sussie nie ore en maniere (wat mamma veronderstel is om hom te leer) het nie, moet hy maar n paar klappe verwag. My kinders sou dit nie WAAG om my te byt, skop of slaan nie. Wat nog te se n onderwyser!!!! Nee magtig man!

C. Maritz ·

Daar is altyd twee kante. Ouers dink altyd hulle kinders is klein engeltjie. Maak eers seker van die ware toedrag van sake voor daar klippe na die onderwysers gegooi word. Party ouers leer hulle kinders nie dissipline by die huis nie, dan verwag hulle die onderwysers moet dit vir hulle doen, maar O wee, raak net aan my bloedjie, dan sal ek jou wys. Ek het in my lewe al kinders gesien waaroor ek bly is, hulle is nie myne nie. Dit is nie die onderwysers se plig om die kinders maniere te leer nie, maar om hulle te leer en skool gereed te wees vir die volgende jaar. Ek het self kinders gehad wat by die huis gekom het en aan my stories vertel het. Dan het ek gevra wat het jy gedoen om die onderwyser te onstel, partykeer praat hulle nie die waarheid nie. Ek het dan vir hulle gese die onnies sal jou nie straf as jy onskuldig is nie, moenie by my kom kla nie, gedra jou in die klas en respekteer jou onderwysers dan sal dit nie gebeur nie. Hulle het nooit weer kom kla nie, en verstaan dat hulle ook hulle kant moet bring en die onnies respekteer. So mense, moenie altyd gereeld staan om die onderwysers met klippe te gooi nie, hulle doen net hulle werk. Die onderrig begin by die huis nie in die klaskamer nie.

Mike ·

Hierdie berig is so tipies n Phillip Bruwer berig net die ma se kant van die storie en nie onderwyseres se kant nie. My vrou is self n onderwyseres en ek weet wat se kinders kom skool toe.Ek is net jammer vir die onderwyseres. En nou sit mamma en kry lekker ipv om vir boeta maniere te leer.

Koppies bewoner ·

More, almal wys nou vingers na die onderwyseres. Dit wat sy gedoen het was nie reg nie. Maar ek het ook al geleer dat daar drie kante van n saak is. In die geval: Nadia se kant, die onderwyseres se kant , en dan die waarheid. Wat sou gebeur het as die kind groter was? Dan het die onderwyseres n aanranding saak teen hom gaan maak. Hy is nou nog klein. Maar hy word groot en gaan dink hy kan nogsteeds aan almal slaan en net daar gaan hy sleg tweede kom. Hy gaan eendag aan verkeerde persoon slaan. Maar soos ek se ek praat dit wat die onderwyseres gedoen het nie goed nie. As ek sy was en daar was n probleem sou ek weier om die kind verder onderwys te gee. Sy Ma kon dit dan maar doen.

Chris ·

Ek hoop as hierdie seuntjie groter is het die Staat besluit om Militêre Opleiding weer terug te bring. Daar en dan sal hy dan miskien maniere leer ……. of iemand sal dit vir hom ordendelik leer …. hy sal dan groot genoeg wees vir ‘n ordentlike PAK SLAE …… afgehandel ….. Sterkte !!!!

wil net se ·

(Verskoon my leestekens wat onsigbaar is en miskien verkeerde spelling, maar dis nie die punt nie, hoor my hart he he he)
Ek het nou mooi gaan sit en dink, ma het die situasie verkeerd hanteer in die juffrou se klas, dis hoekom sy die storie so dik aangemaak het (kind was so opgewonde om skool toe te gaan)sy wil die juffrou bykom omdat se verneder voel. Sy druk dit vreeslik uit, die koerant moet dadelik notisie neem van dit! En ja ek dink ook ma het die kind se boude geslaan omdat liefie-kind haar in die skande gesteek het voor juffrou en die maatjies. Toe is ma verneder van kind se gedrag, en kwaad want ma is dalk oppad werk toe en is nie nou lus vir die nonsens nie. Die situasie is verkeerd gehanteer, ma moes geskakel geword het (gelukkig was sy naby!) En juffrou moes eerder die liefie kind afgedreig het en gese het ek gaan nou jou ma bel wag solank in die hoekie. Nee is nie reg om kind te slaan nie, maar ek dink nie juffrou het hom so hard geslaan nie daai is pak van ma af uit woede.(Hoe het ma inelkegeval geweet om dadelik liefie kind se boutjies te kyk?) En ma sou mos gesien het die vorige dag of liefie kind merke gehad het , die kind is 5 sy bad hom seker nog, hoekom sou hy nie wou skool gaan nie? Kinders hou nie “grudges” nie en vergeet en vergewe gou-gou. Na ‘n paar dae sal die kind iets laat val en se ‘n maatjie is lelik of juffrou is nie meer so vriendelik nie. Maar gewoondelik op 5 jaar is hulle glad nie op hulle bek geval nie (veral omdat liefie kind skop en byt!) Jammer aan die ma maar ek voel nie sys so onskuldig nie. Die wiel draai as jy onredelik optree… Ek dink nie iemand gaan jou kids wil aanvaar in skool nie want hulle gaan te bang wees om jou kinders iets te probeer leer en hul gaan nie tyd he vir polisie-nonsens nie. Sterkte aan juffrou ek voel vir jou! Dit hang maar af hoe is jy groot gemaak, hoe jy sal reageer op my comment. Vir die mammas wat so sal aanrand en dood maak, dink 2 keer julle gaan met julle boudjies in die tronk sit…

amelia ·

Ek ken nie die kind nie maar klink ook maar na n bedorwe brokkie as n kind my byt byt ek hom sowaar terug (gouste wat hul ophou byt) n Kind wat aan n ouer persoon klap slaan byt het nie maniere nie Stem saam daar is onderwysers wat op kinders pik Ek dink ook kyk hoe voel ander ouers oor die onderwyres of praat met die ander mammas

Natasja ·

Dit is juis omdat hulle nie meer gepiets mag word in die skole nie dat die jeug van vandag so totaal en al handuit ruk!! Juffrou het hom nie aangerand nie, sy het sy boude geklits – daar is volgens my ‘n groot verskil tussen aanrand en boude klits. EN NIEMAND SE KINDERS IS ENGELTJIES NIE – NIE EERS MY EIE NIE!!!!! Elke mamma wil glo dat haar kind ‘n engeltjie is maar kom ons wees doodeerlik met mekaar, by die huis het onsself soms ons hande vol en het ons self lus om ons bloedjies met die plathand op die agterstewe by te kom – en sommige van ons doen dit wel en dit leer hulle net so bietjie meer respek. Ek het al eerstehands gesien hoe sulke kleintjies (4 – 6) die juffrou stormloop omdat hulle so gewoond is aan mamma se vrye teuels dat hulle nie kan aanpas by reëls en roetines nie. Nee wat, juffrou moet maar my 2 goggies se agterstewetjies klits as dit die enigste pad na ‘n paar oop oortjies is.

hyla ·

Ek is so bly die vrou het die kind geklap en nog blyer ek het vanmore op maroela kom loer!!!!!!Ek is skoon uit my swaar gemoed gelig met almal se gekwetter oor die spelling en die debat oor pakslae of nie. Dankie almal, julle het my dag gemaak!!!!!!

Chanel ·

Nee nee nee! Ek was self ‘n kleuterskool onderwyser met 5 jariges in my klas. My man is ‘n onderwyser by ‘n hoerskool. Mens raak kwaad en ‘n pakslae op sy tyd is nie ‘n slegte ding nie.

Maar ek stem dat wanneer ‘n kind skree en nie wil skool toe gaan nie, al is hy moontlik ‘n brad, is daar iets verkeerd. Selfs brads hou van skool toe gaan. Daar is maats, sweets en speel speel speel. En glo dit of nie, hulle is mal daaroor om “werkies” te doen. “n kind vat kanse, altyd, enige kind, maar ‘n onderwyser moet ten alle tye onthou dat dit ‘n nuwe jaar is. Vreemd, en dat dit kan veroorsaak dat die kind nie optree soos normaalweg nie. Sy moes eers iets ander probeer het. en al het hy haar gebyt, geskop of geslaan, tel hom op, en vat hom uit, koel af en dan kon jy hom dalk wiks. daar is maniere en maniere om die tipe goed te hanteer!

wonder net... ·

Kyk…ongeag spelfoute, en of kinders mag of nie mag slae kry nie, ek wonder maar net -mamma, was dit dan nie eintlik jou eie skuld dat jou seuntjie pak gekry het nie. Ek vra so, want jy se die middag na die 1ste dag het hy al gese hy wil nie terug gaan nie. Dalk moes JY meer attend gewees het op daardie kommentaar van jou seuntjie, en net daar en dan na die juffrou toe gegaan het, en uitgevind het of daar dalk iets gebeur het deur die dag…so, kon die 2de onplesierige dag dalk heeltemal vermy gewees het?….ek wonder maar net…

mamma van vereeniging ·

Eerste die mamma se van is verskillend in elke koerant berig. Waar het n mens al ooit gesien enige persoon kan n kind in di middel van di twee boudtjies slaan nie waar nie want die kind se hande is altyd in die pad en daar is knoppies as mens iemand of self n kind slaan met plat hand is daar nie knoppies ni. En was daar bewyse dat dai foto op skool gronde geneem is of wanne die kind reeds saam die ma in die motor oppad police stasie toe geneem is want die ma kon self die kind so geslaan het.

Fransie ·

Mamma van Vereeniging, ek stem met jou saam. Ek ruik ook ‘n rot in hierdie storie en die “arme onskuldige kind” word beloon. Die ma gaan nog die vrugte pluk!

Fransie ·

Daar is ‘n groot verskil tussen aanrand en ‘n pakslae! En ek stem saam, sommige mense moes meer pakslae gekry het dan sou hulle vandag kon gespel het. Dit is vandat daar nie meer dissipline (by die huis en by die skool) is nie dat die misdaad so toeneem! ‘n Goeie pakslae op sy tyd het nog geen skade gedoen nie, en die ma moet dalk bietjie kyk na wat sy aan die kind doen. ‘n Pragtige voorbeeld van toon geen respek vir grootmense nie, en ek beloon jou! Ek weet ‘n storie het 3 kante, my kant, jou kant en die regte kant. Wat is die onderwyseres se kant? As ‘n kind aan my klap of skop sal ek hom ‘n pakslae gee! ‘n Kind doen net wat jy hom toelaat om te doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.