Kind beseer ná 100kg hek op hom val

ʼn 9-jarige seun is ernstig beseer na die staalhek van sy ouerhuis in Falcon Ridge, Gauteng, op hom geval het. Die hek het nagenoeg 100kg geweeg.

Volgens André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, het die seun vermoedelik die hek oopgemaak toe dié ontspoor, gekantel en op hom geval het. “Dit het op die linkerkant van sy liggaam geval en hom teen die grond vasgepen. Toe paramedici op die toneel kom, het die seun se ouers hom reeds onder die hek uitgehaal.”

Hy is op die toneel vir kop-, rug- en nekbeserings behandel. Hy is na die Mediclinic in Vereeniging gehaas waar hy tans in ʼn stabiele toestand is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.