Kind betrap glo verkragter

boeie 2ʼn Kind wat ondersoek wou instel oor ʼn geluid in die huis, het ʼn man betrap wat haar ma verkrag.

“Die beskuldigde het glo vroeër saam met die gesin by hul huis in Itsoseng televisie gekyk toe die ma en haar dogter gaan slaap het,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

Die kind het ʼn paar uur later wakker geword van ʼn geluid uit die ma se slaapkamer en het gaan ondersoek instel. Die man was glo besig om die ouer vrou te verkrag.

Die polisie is ontbied en die man is dadelik in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Itsoseng-landdroshof verskyn.

Die ouderdomme van die onderskeie persone is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Het die man toestemming gehad om daar te oornag ? Dis jammer dat ‘n kind op so-iets moet afkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.