Kind brand dood

ʼn 6-jarige kind het Maandagaand in die Noord-Kaap doodgebrand terwyl hy glo alleen in sy ouerhuis geslaap het.

Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die voorval in die Ivory Park informele nedersetting in Kimberley plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die kind alleen in die huis geslaap toe die brand ontstaan het,” het Wicks gesê. “Die brand het vinnig die struktuur verwoes en dit tot op die grond toe verbrand. Die kind se verkoolde lyk is tussen die puin gekry. Die kind se ma het intussen op die toneel verskyn en moes vir skok behandel word,” het Wicks gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.