Robert McKensie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het gesê die seun het Sondag in ʼn oop gebied in Folweni, Umlazi, geloop, toe hy op die pen geval en dit sy middellyf deurboor het. Die pen het glo bo die grond uit gesteek. Die brandweer moes die pen lossny om die seun te bevry.
Paramedici het hom met ʼn helikopter na die Inkhosi Albert Luthuli-hospitaal geneem.