Kind ná ʼn jaar veilig opgespoor

Argieffoto.

ʼn Vrou van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo  ʼn jaar gelede ʼn babatjie in Gauteng ontvoer het. Die kind is ongedeerd.

Volgens kaptein Mega Ndobe, ʼn polisiewoordvoerder, is die vrou in Katkop, naby Vanrhynsdorp in die Oos-Kaap, vasgetrek.

Die drie weke oue babadogtertjie is verlede jaar in Augustus uit haar ouerhuis in Edenpark, suid van Johannesburg, ontvoer terwyl sy saam met haar ouers geslaap het. Die verdagte het glo toegang tot die plakkershut gekry deur ʼn kleinerige gat in die huis se sinkmuur te sny.

“Ons het aanvanklik inligting gekry dat die verdagte in Tokoza woon, maar sy het gevlug toe die polisie na haar begin soek het,” het Ndobe gesê. Die vrou het vir ʼn jaar lank die polisie ontduik.

“Polisiebeamptes het verlede week op ʼn wenk reageer dat die vrou in die Katkop-omgewing is en hulle het haar daar aangekeer. Die verdagte is oor die naweek na Gauteng geneem en moet binnekort in die Palm Ridge-landdroshof verskyn,” het Ndobe gesê.

Die kind word in ʼn plek van veiligheid aangehou totdat omstandighede rondom haar ontvoering volledig ondersoek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.