Kind se beendere buite hospitaal opgespoor

Lentegeur-hospitaal

Werknemers het Woensdagoggend op die beendere van ‘n kind buite Lentegeur psigiatriese hospitaal in Mitchells Plain in die Wes-Kaap afgekom.

“Die beendere was in ‘n kombers toegedraai. Werknemers het daarop afgekom toe hulle instandhoudingswerk aan ‘n heining gedoen het,” het Faiza Steyn, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid, gesê. Sy sê daar is ‘n moontlikheid dat die beendere dalk aan twee kinders kan behoort, maar gewaarsku dat dit slegs in ‘n ondersoek bevestig kan word.

Die polisie is na die toneel ontbied, maar kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.