ʼn Meisie is dood nadat sy stuipe gekry het by haar skool in die weste van Johannesburg, het die Gautengse departement van onderwys Vrydag gesê.
“Dit was na LO-klas Donderdag terwyl sy na die swembad geloop het. Sy het stuipe gekry en die skool het paramedici ontbied,” sê ʼn woordvoerder Charles Pahlane. Twee onderwysers het mond-tot-mond-asemhaling toegepas terwyl hulle op paramedici gewag het. “Paramedici kon egter nie daarin slaag om haar lewe te red nie.” Pahlane sê die departement het amptenare na die skool gestuur om ondersoek on te stel. Daar is ook beraders verskaf aan die skool. Die presiese oorsaak van dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word. Pahlane wou nie die naam van die skool bekendmaak nie.