Kind verkool in JHB-huisbrand

Argieffoto

ʼn Vyfjarige seun het Maandagaand in Soweto verkool nadat ‘n brand uitgebreek het in die kamer waar hy geslaap het.

“Die voorval het in Emdeni plaasgevind. Die seun was ongelukkig reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie in die stadium bekend nie. Owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.