Kind vind half-gebrande babatjie

ʼn Jong kind van Noordwes het Donderdag op die liggaam van ʼn halfgebrande pasgebore babatjie afgekom.

Sersant Philani Nkwalase het Vrydag gesê die liggaam is in die Letlhabile-gebied gevind. “Die jong kind het omstreeks 15:10 op die babatjie se liggaam afgekom. Die babatjie was in ʼn boks in kledingstukke toegedraai en in ʼn watersloot langs ʼn pad gegooi,” het Nkwalase gesê.

Die polisie is ontbied en die polisiebeampte wat die saak ondersoek sê die babatjie se onderlyf is onherkenbaar verbrand, maar die boonste gedeelte van die liggaam ongeskonde.

“Dit is in die stadium nie bekend wie se babatjie dit was nie. Die polisie ondersoek die saak,” het Nkwalae gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.