Kindergifmoorde: Ma in hof

hofhamertjie3Die ma van twee kleuters, wat daarvan verdink word dat sy hulle in Oktober vergiftig het, verskyn Maandag in die Heidelberg-landdroshof in verband met hul moord.

Die 26-jarige Mosambiekse vrou en haar twee dogtertjies, onderskeidelik een en drie jaar oud, is op 16 Oktober deur inwoners in ʼn oop stuk veld naby Zonkizizwe in Katlehong, oos van Johannesburg, gevind. Die twee dogtertjies was reeds dood en die ma is in ʼn ernstige maar stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die ma is later in hegtenis geneem nadat daar teenstrydighede in haar verklaring was. Sy het vermoedelik haar kinders vergiftig weens konflik tussen haar en haar man.

Lees ook:
Kindermoord: Ma in hegtenis geneem
Kindermoord: Ma se weergawe bevraagteken
Nóg twee kleuters in Gauteng vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.