Kinderhuis glo ‘te wit’ vir skenkings

Bepalings van die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) het privaatondernemings glo ontmoedig om donasies aan ‘n Pretoriase kinderhuis te maak, aangesien meeste van die kinders glo wit is.

“Daar is niks wat ons kan doen nie, dit is ‘n hartseer saak,” het Elzane van der Merwe, bemarkingsbestuurder van die Jakaranda-kinderhuis, aan The Times gesê. Meeste van die kinders by die kinderhuis is wit. Kragtens die wet beteken dit dat korporatiewe donateurs nie BBBEE-punte vir skenkings sal ontvang nie.

Van der Merwe sê die tehuis kies nie die kinders vir wie hulle sorg nie, maar dat maatskaplike werkers en die howe besluit watter kinders om by die kinderhuis te plaas. Volgens The Times word 70% van die kinderhuis se jaarlikse lopende koste van R25 miljoen deur korporatiewe skenkers befonds, wat nou oor die afgelope drie jaar hul ondersteuning onttrek het. Die wet bepaal dat BBBEE-punte slegs toegeken kan word wanneer donasies aan liefdadigheidsorganisasies gemaak word waarvan driekwart van die begunstigdes uit voorheen benadeelde rasgroepe kom.

The Times berig dat die kinderhuis die afgelope twee jaar R7.1 miljoen per jaar van die regering ontvang het. Dit is hierdie jaar na R9.1 miljoen verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

H J Bester ·

Mens kan die benadering ten opsigte van toepassing van BBBEE maar net as jammerlik en siek tipeer deurdat dit die vryheid van ondernemings aan bande lê. Hierdie benadering van die ANC-regering om alles te wil beheer, is tipies sosialisties en hou niks goeds in oor die lang termyn nie. Dit tas die belastingbronne aan omdat te veel aan geld op onproduktiewe wyse aangewend word en dit ondernemerskap smoor. Verder kan die beleid daartoe lei dat buitelandse finansiering aangegaan word om die onproduktiewe spandering te handhaaf en dus groot buitelandse skulde opbou.

Indiwidue sal alle ondernemings met meriete, soos die kinderhuis hierin ter sprake, met ‘n ruimer mate moet ondersteun om die voortbestaan te verseker omdat dit nie meer staat kan maak op korporatiewe bewilligings nie.

SANETTE HENNING ·

Wat maak dit saak of die weeskind wit,swart,indier of kleurling is. Die kind het beslis nie gekies om in weeshuis te wees nie nee die kind is a.g.v. omstandighede daar. Die wat skenkings bewillig net vir swart is diere en harteloos, vir hul sal ons bid want hul lees beslis nie die bybel reg nie want in my bybel is geen onderskeid van ras nie. Daar is beslis meer swart weeskinders as wit dit is so , wel daar moet dalk meer gekyk word hoekom?

E Roos ·

Hier is Rustenburg is dit nou weer andersom, die plaaslike kinderhuis wat meer ander kleur kinders het sukkel net so om kop bo water te hou met omtrent geen toelae want daar word gese dat daar meer kinders ingeneem moet word maar die plekkie is net van so aard dat net soveel kinders versorg kan word, akkomodasie/ personeel/ kos ens so dis omtrent ‘n styrd lyk dit my om die kinderhuise aan die gang te hou want waar gaan hulle met die kinders anders heen as daar nie sulke plekke is vir die kinders nie.

Nou vra ek myself die vraag, hoekom is daar meer veral swart kinders wat wees is? geboortebeperking is lyk my nie die antwoord en kinders word net gebore en op die stoep/asblik/ toilet vullishoop of erens gelos vir ander mense om te versorg. Strenger wette moet ingebring word wat geboortes beperk en kinders veral dogters moet weer geleer word wat waardes en self respek eintlik beteken. Selfs ons ouers is skuldig deesdae want as jou dogter buite die huwelik swanger raak is dit nie meer ‘n skande nie en word die kind dan groot gemaak meeste van die tyd deur die ouma en oupa wat ek sien baie keer die kleintjie amper verafgod asof hulle wil opmaak vir die feit dat die kind meeste van die tyd sonder die ander ouer grootword.

Mariana Fourie ·

Die kind het nie gekies eers om op hierdie aarde te wees nie. Hy word gepenaliseer by geboorte, in wees toestand, omdat hy wit is. Dis voor die Here ‘n skande as daar nie hieraan iets gedoen word nie.

william ·

Dit is een van die grootste probleme in Suid Afrika. Oorbevolking. Duisende laerskool kinders so jonk as 11, 12 is verwagtend. Die regering se behebtheid met grond hervorming stel voedselsekerheid in gevaar . Hoeveel van die plase wat aan swartmense gegee is is produktief. Maar ek dwaal n bietjie af van die onderwerp. Witmense gaan toenemend gemarginaliseer word. Op alle gebiede. Die geval van die weeshuis is n voorbeeld. Waar is die nuwe Suid Afrika(reenboognasie) waarvan almal gespog het waar almal gelyk sal wees en die grondwet dit sal waarborg. Die ANC het almal met n slap riem gevang. Daar is 600,000 blankes in kampe in hierdie land. Mense met geen hoop vir die toekoms nie. 800,000 het al die land verlaat.Waar gaan dit eindig. ?

mina ·

natuurlik sal daar meer swart as wit kinders wees hulle teel dan aan soos konyne kry dan geld vir elke kleintjie hule maak kleintjies kinderhuis vat die kinders en die ma’s kry nog steeds geld elke maand maak nog n kleintjie en so gaan hulle aan …………………………………………

LILLY DE BEER ·

Dit is ‘n siek situasie in die land tans. Dit gaan oor kinders nie grootmense, ‘n grootmens kan nog ‘n plan maak vir n inkomste wat kan ‘n kind doen as hy nie eers n ouerhuis het nie. Dit gaan oor kinders maak nie saak of dit wit of swart is of watter kleur! Alles gaan altyd oor BEEEEEEE wat het BEEEEEE nog vir die land beteken????????????

Gatvolbra ·

Zuma en die res van die regering moet ophou miljoene mors aan huise, en websites, en paaie wat nie klaar is nie. Daar is genoeg geld in SA .. As hulle dit net reg gebruik, sal daar genoeg wees vir almal…

B A Potgieter ·

Wat se punte verdien die Bliks#ms en is die punte meer werd as n kind se lewe, wit of swart. Dit is net Wit Mense wat geld skenk vir Liefdadigheid. Dit is tyd dat geen geld aan die versamelaars gegee word nie maar direk aan die Te-Huise. Ek persoonlik weier om n sent te skenk want ek weet waarheen dit gaan. Veryking van die wetters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.