Kindermoord: Hoofverdagte vas

Die polisie het dié identikit van die hoofverdagte Donderdag uitgereik.

Die polisie het dié identikit van die hoofverdagte Donderdag uitgereik.

Die hoofverdagte in die moord op en verkragting van twee kleuters van Diepsloot in die noorde van Johannesburg, is Vrydagoggend in hegtenis geneem.

“Hy is vanoggend in Alexandra in hegtenis geneem, sy nasionaliteit word tans vasgestel,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, Vrydagoggend gesê. Die man is die vyfde en hoofverdagte in die saak en word sedert Dinsdagoggend, toe Yonelisa (2) en haar niggie Zandile Mali (3) se lykies in ʼn buitetoilet in Diepsloot gevind is, gesoek. Die polisie het Donderdag ʼn identikit van die verdagte uitgereik en ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir sy arrestasie en suksesvolle vervolging. Vier mans wat vroeër oor die moorde ondervra is verskyn vandag in die Pretoria-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Louise Deysel ·

Ag sy seblief hulle totties af……en ook sommer hulle vingertjies………of liewer hulle handjies sodat daar niks is wat hulle ooit weer kan pla nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.