Kindermoord: Ma se weergawe bevraagteken

crime-scene-tape-320x191Die polisie sê daar is moontlike teenstrydighede in die ma, wie se twee kleuters Woensdag dood in ʼn veld gevind is, se weergawe van die gebeure.

Die 26-jarige Mosambiekse ma en haar twee dogtertjies, onderskeidelik een en drie jaar oud, is Woensdagoggend deur ʼn verbyganger in ʼn oop stuk veld naby Zonkizizwe in Katlehong, oos van Johannesburg gevind. Die twee dogtertjies was reeds dood en die ma is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem. Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, sê volgens voorlopige ondersoeke is daar moontlike teenstrydighede in die ma se weergawe van die gebeure. Mothiba sê die ma het aan polisie gesê dat sy en haar man ʼn argument gehad het nadat sy hom met ʼn ander vrou betrap het. Die ma beweer dat sy en haar kinders in Witbank gebly het en dat haar man hulle in die veld afgelaai het. Sy sê haar man het vir hulle ʼn koeldrank gegee wat hulle Dinsdagaand gedrink het en dat haar kinders dood was toe sy die volgende oggend wakker geword het. Die kinders is na verwagting vergiftig. Die presiese oorsaak van hul dood sal met ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sylvia ·

ek kan regtig nie glo wat die persoon gedoen het om KINDERS te vergiftig nie waar in jou lewe

magda ·

Waar gaan als eindig dus net moord en dood! En dan is dit nog onskuldige kinders ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.