Kindermoord: Verdagte in hof

'n Identikit van die vyfde en hoofverdagte wat verlede week deur die polisie uitgereik is.

‘n Identikit van die vyfde en hoofverdagte wat verlede week deur die polisie uitgereik is.

ʼn 29-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy twee kleuters van Diepsloot in die noorde van Johannesburg verkrag en vermoor het, sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Die verdagte is Vrydag in Alexandra in hegtenis geneem. Die man is die vyfde en hoofverdagte in die saak. Die polisie het Donderdag ʼn identikit van die verdagte uitgereik en ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir sy arrestasie en suksesvolle vervolging. Yonelisa (2) en haar niggie Zandile Mali (3) se lykies is Dinsdagoggend in ʼn buitetoilet in Diepsloot gevind. Die ander vier verdagtes het Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord. Die saak is tot Donderdag uitgestel sodat die verdagtes om regshulp kan aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.