Kindermoorde: Verdagtes in hof

hofhamertjie-2-320x264Vier mans en ʼn ma sal Vrydag in verskillende howe in Gauteng verskyn in verband met die twee dubbele kindermoorde van die afgelope week.

Brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, sê vier mans wat vir ondervraging ingeneem is in verband met die moord op en verkragting van twee kleuters van Diepsloot in die noorde van Johannesburg, sal Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Die lykies van Yonelisa (2) en haar niggie Zandile Mali (3) is Dinsdag in ʼn buitetoilet in Diepsloot gekry. Hulle is die naweek as vermis aangemeld.

Intussen sal ʼn ma vandag in die Heidelberg-landdroshof verskyn nadat die liggame van haar twee dogtertjies, onderskeidelik een en drie jaar oud, Woensdag in ʼn oop stuk veld naby Zonkizizwe in Katlehong, oos van Johannesburg, gevind is. Die ma is saam met haar kinders in die veld gevind en is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem. Die kinders was reeds dood. Die ma is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie se voorlopige ondersoeke bevind het dat daar teenstrydige in haar weergawe van die gebeure was. Die kinders is vermoedelik vergiftig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.