Kinderoppasser mishandel glo baba

Argieffoto

‘n Vrou het Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn nadat sy glo ‘n 10 maande oue baba, na wie sy omgesien het, aangerand het.

“Die vrou se werkgewer het Woensdag by die huis gekom en die baba het gehuil terwyl sy kinderoppasser hom wou voer, het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Die kind se gesig het groen geword en die ma is met hom na die dokter omdat sy bang was dat hy ‘n allergiese reaksie toon.”

Die dokter het bevind dat die kind geslaan is en ‘n saak van aanranding en kindermishandeling is geopen. Toe die kind se ma by die huis aangekom het, was die kinderoppasser weg.

Die 29-jarige vrou is Vrydag in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn. Haar saak is tot volgende Maandag uitgestel vir haar borgaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annamarie ·

Wat besiel die huishulp om so iets te doen.Sal sy dit aan haar eie kan doen.`n` Mens dog jy kan hulle vertrou met jou kind.Geen wonder ons as wit nasie is so teen hulle nie..Om te dink die 10 maande oue baba wat versorg moet word deur `n huishulp van 29 jaar oud het. My opinie het sy geen kennis van hoe na `n baba om te sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.