Kinderporno-kring: Nog ‘n verdagte se saak word uitgestel

hofhamertjie31Die hofsaak teen nog ‘n verdagte wat betrek word by ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat, is vandag in die landdroshof in Bloemfontein tot 28 Oktober uitgestel. Die verdagte is ‘n voormalige Vrystaatse onderwyser en een van ses wat met die sindikaat verbind word.

Die man se saak is verlede week in die landdroshof in Roodepoort tot 3 Desember uitgestel terwyl ‘n bekende skoolhoof vroeër op borg van R1 000 vrygelaat is.

Talle huise is in Augustus deur die polisie deursoek en 672 DVD’s, agt skootrekenaars, twee tabletrekenaars, 39 hardeskywe en 25 boeke met foto’s van kinderpornografie is in beslag geneem.

Volgens berigte is kinders so jonk as vyf jaar oud gebruik om self en met volwassenes seksuele dade te pleeg en nuwe bewerings, dat die sindikaat dalk van hul slagoffers vermoor het, word nog ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

luandri ·

Watse siek mense doen sulke goed pla hul hormone of dit is malegyt en moet hille koppe laat lees juk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.