Kinderporno-kring: Ondersoek verdiep

Argieffoto

Owerhede is in die proses om aansoek te doen vir meer lasbriewe in verband met die reuse internasionale kinderpornografie-sindikaat.

Die polisie het verlede week ses prominente Suid-Afrikaners in hegtenis geneem in verband met die sindikaat wat tot in talle ander lande strek.

Die verdagtes het reeds in verskeie howe regoor die land verskyn, en behoort in die volgende twee maande te pleit, waarna hulle identiteit bekend gemaak mag word.

Die polisie het Donderdag gesê hulle ondersoek ʼn totaal van 50 moontlike verdagtes en bepaal of enige Suid-Afrikaanse kinders in van die tonele betrokke was.

Hulle het tot dusver 30 lasbriewe bekom en is besig om vir nog 20 aansoek te doen. Meer inhegtenisnemings word verwag.

Lees ook:
Skoolhoof gepos oor ‘porno-sindikaat’
Kinderpornografie-ring: Ses hoës in hof
Ses SA-hoës vas oor kinderpornografie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Willy ·

Delf diep en haal hierdie skuim uit hulle gate uit! Maak hulle bekend dat daar gesien kan word wie en wat is hierdie gewetenlose gemors.

Peter Vonk ·

Ek sien op die horison,n paar selfmoorde.Hierdie gespuis wat hulle aan die gedrag skuldig maak is gewoonlik lafaards,en kies gewoonlik die roete.

Trippie ·

GEEN VERLIES indien hulle hul eie lewens neem nie !

Simpatie is en sal ALTYD by die onskuldige kinders wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.