Kinderporno-saak: Familielede in hof

Sewe van die nege familielede verskyn in die Pretoria Noord streekhof op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie. Foto: Giordano Stolley/SAPA

Die verhoor van nege familielede wat tereg staan op aanklagte wat verband hou met kinderpornografie begin Donderdag in die Pretoria Noord streekhof.

Die vier paartjies en een van hulle se ongetroude seun staan tereg op meer as ʼn 100 aanklagte wat onder meer insluit verkragting, gedwonge verkragting, die seksuele misbruik van kinders, seksuele aanvoorwerk en die maak en versprei van kinderpornografie. Agt van die familielede is in Desember verlede jaar op kleinhoewes, noord van Pretoria in hegtenis geneem. Hulle is ʼn oupa (58), ouma (57), hulle twee seuns van vorige verhoudings, onderskeidelik 34 en 36 jaar oud, een van hulle se vrou (26), die oupa se broer (61), sy vrou (42) en hulle seun. Die negende familielid, ʼn 31-jarige vrou van een van die seuns, is in Januarie by haar werkplek in Hammanskraal in hegtenis geneem. Ses kinders van tussen 4 en 13 jaar oud is vroeër uit hulle sorg verwyder. Die kinders moes glo seksdade met mekaar doen. Van die kinders is glo ook deur die oupa en ouma verkrag en seksueel aangerand terwyl dit verfilm is. Van die kinders was in pleegsorg by die beskuldigdes. Agt van die familielede is verlede maand op borgtog van R15 000 vrygelaat. Die oupa het egter vroeër sy borgaansoek teruggetrek en bly in aanhouding. Hulle moet twee keer per dag by die Hercules-polisiestasie aanmeld en mag nie die Pretoria Noord-omgewing verlaat sonder toestemming van die ondersoekbeampte nie. Die beskuldigdes mag ook nie kontak maak met die ses kinders nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.