Kinderporno-sindikaat: Onderwyser weer in hof

hofhamertjie3ʼn Onderwyser sal Maandag na verwagting in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn in verband met sy beweerde betrokkenheid by ʼn internasionale kinderpornografiesindikaat.

Hy is een van ses mans van Suid-Afrika wat in vier provinsies aangekeer is weens hul beweerde betrokkenheid by dié sindikaat.

Die ander vyf verdagtes is ʼn prokureur, ʼn dermatoloog, ʼn sakeman, nog ʼn onderwyser, en ʼn afgetrede skoolhoof.

Die sindikaat is in Kanada oopgevlek en die ses verdagtes is in hegtenis geneem na ʼn jaarlange ondersoek deur Interpol. Hulle is op 15 Augustus onderskeidelik in Lichtenburg, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale, Florida en Potchefstroom in hegtenis geneem.

Die polisie het in Augustus klopjagte uitgevoer op verskeie huise. Die polisie het beslag gelê op 672 DVDs, 22 geheuestokkies, agt skootrekenaars, twee rekenaartablette, 39 eksterne hardeskywe en 25 boeke met kinderpornografiefoto’s.

Dit is nog nie bekend of kinders van Suid-Afrika gebruik is om die pornografie te vervaardig nie.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mari ·

Sies – is elke keer van voor af geskok dat sulke gesiene mans betrokke is by die misbruik van onskuldige weerlose kinders. En hulle het tien teen een kinders van hul eie ook. Ek kan myself nie indink waardeur die gesinne van hierdie varke moet gaan nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.