Kinderporno-sindikaat: Verdagte in hof

Een van die ses verdagtes wat Woensdag in die hof verskyn het in verband met 'n vermeende kinderpornografie-sindikaat wat die polisie oopgevlek het Foto: Werner Beukes, SAPA

Een van die ses verdagtes wat Woensdag in die hof verskyn het in verband met ‘n vermeende kinderpornografie-sindikaat wat die polisie oopgevlek het Foto: Werner Beukes, SAPA

Die saak teen een van ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle in ‘n kinderpornografiesindikaat betrokke was, is Woensdag in die Randburgse landdroshof uitgestel.

Die man het vlugtig in die hof verskyn. Die saak is tot 5 November uitgestel sodat die verslag van die kubermisdaadeenheid afgehandel kan word. Die man se borg is tot sy volgende hofdatum verleng.

Ses mans is op 15 Augustus in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van Interpol ontvang het. Die ses verdagtes, van vier verskillende provinsies, is aangekla vir die besit van kinderpornografie. Hulle is onderskeidelik in Lichtenburg, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale, Florida en Potchefstroom in hegtenis geneem. ‘n Prokureur, dermatoloog, sakeman, twee onderwysers en ‘n afgetrede skoolhoof is in hegtenis geneem.

Die polisie het in Augustus klopjagte uitgevoer op verskeie huise. Die polisie het beslag gelê op 672 DVDs, 22 geheuestokkies, agt skootrekenaars, twee rekenaartablette, 39 eksterne hardeskywe en 25 boeke met kinderpornografiefoto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vas Vat ·

Dit verstom my dat die “barbare” uit op borg is, hulle moet in die vuilste tronk denkbaar toegesluit word, en na die hofsaak vir ewig uit die samelewing verwyder word…Sies.

Caro Kruger ·

Ek kan nie glo hulle uit op borg nie, hulle verdien nie vryheid nie, hulle verdien nie ‘n plek onder die son nie. Hulle het daardie voorreg misbruik. VARKE SKIET HULLE SUMIER DOOD….

Jasper ·

Dit nogals “gesiene” menere. Behalwe hul slagoffers dink ek aan die niks vermoedende vrouens en kinders wat hierdie skande moet vewerk

Blertsie ·

Waarom word hierdie “gesiene mense” se name nooit gepubliseer of gesigte nooit gewys nie? Hulle moet in die publiek verneder word. Kinders is weerloos in die hande van hierdie tipe gewetenlose varke! Publiseer hulle name en gesigte, sodat mense kan sien hoe lyk die varke wat kinders se lewens verwoes!

wragtig ·

Lol mense ek dink ek herken die man op die foto. Hys nogal n gesiene man en het n dierbare vrou en twee tiener dogters.

Bronwyn Pieterse ·

Wat my pla hier, is dat 3 van die ses in die opvoedkundige bedryf werk. Hoe voel die kinders van daardie skole en ouers nie na hierdie debakel nie. Ek sou woedend wees. Een nogal `n skoolhoof.

Vas Vat ·

Bronwyn, diesulkes “wurm” hulle altyd in waar daar kinders is.

Mufasa ·

Jasper wil ek dan ook nou sê: Hulle het dan nou klaar in die hof verskyn publiseer die ________ se name! Sodat ons kan weet wie hulle is! Hoekom word daar foto’s geplaas wat nie hulle gesigte wys nie?

wragtig ·

So ek was reg gister. Dit is die slegte wetter. Nogals almal om sy pinkie gedraai met sy vieslike gevreet die slegte stuk skuim. Ek winder maar net of sy vrou ook geweet het nie?

Ai Ai ·

Hy was mans genoeg, om die daad te doen, nou wil hy sy gesig wegsteek, wonder hoekom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.