Kinderpornografie-ring: Ses hoës in hof

Argieffoto

Die ses Suid-Afrikaanse mans wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat, het reeds in verskeie howe in die land verskyn.

Volgens wet mag die verdagtes se name nie bekend gemaak word alvorens hulle in die hof gepleit het nie.

Die verdagtes sluit twee onderwysers en ʼn afgetrede skoolhoof in.

“Die verdagtes het op verskillende dae in verskillende howe verskyn. So ver as wat ek bewus is, het niemand nog gepleit nie,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê.

Die verdagtes is onderskeidelik in Lichtenburg, Bloemfontein, Witrivier, Douglasdale, Florida en Potchefstroom aangekeer. ʼn Prokureur, dermatoloog en sakeman is ook in hegtenis geneem.

Al die verdagtes se sake is uitgestel en hulle sal afsonderlik op verskillende dae in verskillende howe oor die volgende twee maande verskyn.

Lees ook:
Ses SA-hoës vas oor kinderpornografie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

EK GRIL TOT IN MY SIEL !

Dis ‘n sonde en onreg wat die kinders aangedoen is – mag hierdie monsters vrot in die hel !

Ivor ·

Name them…see who are the mental cases in society…
Funeral pile are waiting for them one day…

Eben ·

Laat daardie name verskyn dat ons sien hoe lyk die vrot kolle van die gemeenskap!!

Seg Net ·

Sulke gemors moet met ‘n permanente kol of iets op die voorkop of wang gemerk word dat almal hulle kan uitken. GEMORS, SKUIM, GEMORS ,DREK.

Henrietta Klaasing ·

RSG het een naam bekend gemaak:

Die Penryn privaatkollege buite Nelspruit in Mpumalanga het sy kontrak met die hoof van die Penryn voorbereidingskool, Neil Malherbe, beëindig. Malherbe is in hegtenis geneem omdat hy na bewering betrokke is by ‘n internasionale kinderpornografie-netwerk. Malherbe het in die landdroshof in Witrivier verskyn, en is borgtog toegestaan. Ses mense is reeds in verband met die netwerk in hegtenis geneem, insluitend onderwysers, ‘n dermatoloog en ‘n regsgeleerde. Die polisie sê nog mense sal binnekort in hegtenis geneem word.

HELENA SEABORNE ·

TATOO PEDOFIEL OP HULLE VOORKOPPE SODAT ALMAL DIT KAN SIEN. SORG NET DAT ONS GENUG KLIPPE HET OM HULLE TE STENIG WANT DIS WAT IN DIE BYBELSE TYD MET HULLE SOU GEBEUR.

Bokstertjie ·

Sal hulle ooit besef wat die sielkundige skade aan die kinders is na die skending van als wat eens mooi en onskuldig was binne hulle? Na so trauma is jy nooit weer dieselfde nie. Ek stem saam met vorige kommentare, BRANDMERK DIE SKULDIGES en “name and shame them” tot hulle die dag doodgaan. Herinner die hele land jaarliks van hul misdade en wie hulle is.

Joleen ·

Waar is ons kinders nog veilig? Nie in ons skole of kerke nie. Hierdie tipe van gemors is orals.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.