Die rolprent-en-publikasieraad ondersoek die oorsprong van ʼn kinderpornografievideo wat tans oor selfone versprei word.
EWN berig die grafiese beeldmateriaal wys hoe twee jong kinders seksuele dade uitvoer. Die seun in die video is sowat 4 jaar oud en die meisie is sowat 10 jaar oud. Dit wil voorkom of die video in ʼn plakkershut afgeneem is. Dit is egter nie duidelik of die video in Suid-Afrika afgeneem is nie.