Kinders as ‘seksslawe’ aangehou

Argieffoto

Twee mense het Woensdag in die landdroshof in Sabie verskyn vir hul beweerde betrokkenheid in ‘n kinderseks-mensehandelkring.

“’n 60-jarige sakeman is op R70 000 borg vrygelaat terwyl sy medebeskuldigde, ‘n 22-jarige Mosambiekse vrou, steeds in aanhouding bly,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Die twee word daarvan beskuldig dat hulle kinders in ‘n huis in Rhenosterhoek toegesluit het, waar hulle glo as seksslawe aangehou is. “Die polisie het tydens die klopjag vyf kinders, tussen 12 en 17 jaar oud, gered,” het Hlathi gesê. “Die kinders is glo van Mosambiek en familie van die vrou.”

Hulle is glo in 2009 na Suid-Afrika gebring sodat hulle in die land kon skoolgaan. Die vrou het hulle met hul aankoms aan die sakeman verkoop.

Die twee sal na verwagting weer op 5 Februarie 2013 in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.