Kinders brand glo 25 karre af

Die voertuie wat in Woodmead afgebrand het Foto: ER24

‘n Brand wat dosyne voertuie Vrydag in Woodmead vernietig het, is glo deur twee kinders begin.

“Volgens omstanders het die twee kinders met vuurwerke gespeel en die gras het vlam gevat,” het Nana Radebe, woordvoerder vir Johannesburg se nooddienste, gesê. “Die brand het vinnig na die voertuie versprei.

Sowat 25 motors is in die brand vernietig.

Meeste van die voertuie behoort aan Moslem-mans wat by Mia’s Farm naby Maxwellrylaan in Woodmead vir ‘n naweek van geestelike vernuwing bymekaar gekom het. Die geleentheid is deur die Waterval Islamiese Instituut gereel.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê niemand is beseer nie. Hulle het omstreeks 11:45 die oproep ontvang. “Paramedici en nooddienspersoneel is op die toneel. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie en ek kan bevestig dat die brand geblus is. Die motors het op die gras parkeer,” het Vermaak gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerrit ·

Ek hool nie hul nedm stappe teen die kinders nie. Dit kon met enige iemand gebeur het wat met vuurwerke speel?

Gerrit ·

Ek hoop nie hul neem stappe teen die kinders nie. Dit kon met enige iemand gebeur het wat met vuurwerke speel

Trudie ·

Ek blameer die ouers want waar kom die kinders aan die vuurwerke? Ek daardie mense wat hulle met die vuurwerke, is net so skuldig. Hulle sien die gras brand en doen niks!! Ag nee man, kan nie verstaan dat mense so onge-erg kan wees nie.

n

00000000000000000000000000001

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.