Kinders kom op jong vrou se liggaam af

boeie swartʼn 18-jarige student is Dinsdag in Johannesburg in hegtenis geneem nadat twee kinders op die liggaam van ʼn jong vrou afgekom het.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die twee kinders het die vrou, wat tussen 20 en 25 jaar oud is, in Legae Gardens in Newtown toegedraai in ʼn kombers aangetref. “Die kinders het hul ma gaan roep, en sy het die polisie ontbied,” het Mbele gesê.

Die ma van die twee kinders het vir die polisie gesê die kombers, waarin die vrou toegedraai is, behoort aan haar, maar dat sy dit aan ʼn manlike student, wat in die omgewing woon, geleen het.

“Die polisie het die student se woning besoek en hom in hegtenis geneem. Volgens die student was die vrou en sy kamermaat in ʼn verhouding. Die student het gesê hy het Saterdag reeds op haar liggaam afgekom en dat hy net sy kamermaat gehelp het om die liggaam op ʼn ander plek te gaan stort.”

Die student word aangekla van moord en moet binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn. Die polisie is nog op soek na die kamermaat wat vermoedelik gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trippie ·

Medepligtige – nee wat ou perd, jy is dan net so skuldig om dit nie aan te gemeld het nie.

Wat is dit met die mensdom – dis net moord, en nogmaals moord … en moenie vergeet van al die verkragtings nie …

G@TVOL ·

Is dit nou nie n wonderwerk nie? As daai twee seuns nie die ligaam gevind het nie, sou die polisie seka nooit die skuldiges gevang het nie, want die ma van die twee seuns het die kombers uit geken. Die Hemelse Vader doen sy goeie werk deur daai seuns die pad te geloop het.

Justi ·

Waarheen gaan hierdie land? Die moord, roof, verkragting, geweld en…en…..en! Dit raak al hoe erger!! Is ek verbaas? Nie werklik nie. Die wat wel agter tralies sit vir sulke misdade het beter kanse as die man op die straat om gratis kos, verblyf asook geleerdheid te bekom. Dit alles word van die “tax payer” se sak geneem.

Willy ·

Weer my kommentaar plaas. Julle moet gou lees want ek voel so aan my dit gaan weer nie lank staan nie.

Ek begin besef dat hierdie nasie nie meer die verskil ken tussen goeie waardes en kriminaliteit nie.

JAVR ·

Ja Willy ek het dieselfde probleem. Dan het ek nie eens iets erg geskryf nie! Daar is beslis ‘n ou wat gatvol is vir ons?????? Ek sê jou die Mafia kan kom lesse vat met hierdie flippen goed in SA!!!! LEWE HET GEEN WAARDE VIR HULLE NIE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.