Kinders kom op Nwes-egpaar se lyke af

Die liggame van ʼn man en vrou is Maandagmiddag in ʼn veld in Koffiekraal naby Madikwe in Noordwes gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Lesego Metsi, sê die man is in die kop geskiet terwyl die vrou in haar bors geskiet is. Metsi sê ʼn groep kinders het Maandagmiddag op die lyke afgekom terwyl hulle deur die veld gestap het. Die man en vrou het bo op mekaar gelê. Metsi sê hulle vermoed die paartjie is reeds Saterdagaand doodgemaak. Hy sê daar is spore op die toneel gevind. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.