Kinders kry kokaïne vir Halloween

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy sakkies met kokaïne aan kinders Woensdagaand op Halloween uitgedeel het.

Die man van Royton, noord van die stad Manchester in Engeland, word aangekla van die besit van klas A-dwelms nadat ouers geseëlde sakkies met wit poeier tussen hul kinders se lekkernye gevind het. Die ouers het die sakkies by die polisie in Royton ingehandig.

“Die poeier is getoets en daar is bevestig dat daar kokaïne in was,” het superintendent Catherine Hankinson, van die Manchester-polisie, gesê.

ʼn 21-jarige vrou is ook in hegtenis geneem, maar is later sonder enige aanklagte vrygelaat. Volgens Hankinson was dit ʼn geïsoleerde geval en het die polisie vinnig in belang van publieke veiligheid opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.