Kinders kry priester-pa in ʼn plas bloed

ʼn Priester van Butterworth in die Oos-Kaap se twee kinders het Vrydagaand in die pastorie op hul pa se bebloede liggaam afgekom.

Kaptein Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die 46-jarige priester van die Anglikaanse kerk in dié dorp het verskeie steekwonde aan sy bolyf opgedoen. “Die kinders was saam hul ma en het omstreeks 22:00 teruggekom huis toe. Die ma was nog in die voertuig toe die kinders op hul pa afgekom het,” het Manatha gesê.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Verskeie waardevolle items was steeds in die huis.

“Die man se identiteit mag nog nie bekend gemaak word voordat al sy familielede ingelig is nie,” het Manatha bygevoeg.

Die Butterworth-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.