Kinders steeds vermis na ma hulle alleen by huis los

Die polisie in Noordwes sê twee kinders van Lichtenburg wat vermis geraak het nadat hulle ma hulle alleen by die huis gelos het, is steeds nie gevind nie.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Tulane Ngubane, sê die vrou het haar vier kinders, wat onderskeidelik twee, ses, sewe en nege jaar oud is, alleen by die huis in Verdwaal gelos om haar ma in Bethlehem te besoek. Die vrou het haar kinders Maandag as vermis aangegee nadat sy teruggekeer het huis toe en die kinders nie meer daar was nie. Die 2-jarige Onkarabile en 6-jarige Nkune se liggame is Donderdag langs ʼn pad gevind. Die polisie vermoed dat hulle moontlik van die honger en dehidrasie gesterf het. Die kinders was glo op pad na hulle ouma se huis. Ngubane sê die soektog word bemoeilik aangesien die ma geen foto’s van haar kinders het nie en nie een van hulle skool gegaan het nie. Die vrou wat weer swanger is sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.