Twee kinders in Kaapstad het hul huis aan die brand gesteek toe hulle met vuurhoutjies gespeel het, het ʼn nooddiensbeampte van Kaapstad Maandag gesê.
“Die tweejarige dogtertjie en haar 17-jarige verstandelik gestremde sussie het Sondagoggend hul ouerhuis in Macassar aan die brand gesteek,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die nooddienste, gesê. “Gedeeltes van die huis is heeltemal verwoes en sekere gedeeltes is erg beskadig.”
Die twee meisies is nie in die voorval beseer nie.
Solomons-Johannes sê die twee is glo in die huis toegesluit toe hul ma ʼn kroeg gaan besoek het. “Maatskaplike werkers sal Maandag ʼn ondersoek doen en die ma kan van kinderverwaarlosing aangekla word kragtens die Kinderwet.”
steek die ma aan die brand. ha kids kon dood gewees het.