ʼn Groep kinders en onderwysers van die Laerskool Hennopspark in Centurion het ʼn nare ondervinding gehad toe hulle Donderdagoggend in die vroeë oggendure tydens ʼn skoolkamp in Mpumalanga beroof is.
JacarandaFM berig drie gewapende rowers, wat balaklawas en gekamoefleerde klere gedra het, was by die rooftog betrokke.
Nagenoeg 80 leerlinge en hul onderwysers het in vyfbed-huisies op die kampterrein geslaap toe die rowers die onderwysers tussen 01:00 en 02:00 oorval het. Die rowers het ʼn onderwyser met ʼn haelgeweer gedwing om saam met hulle na elke huisie toe te gaan, wat hulle dan geplunder het. Hulle het selfs die yskaste deursoek en geneem wat hulle wou. Al die kinders is beveel om hul selfone te oorhandig.
Nadat die rowers met hul buit gevlug het, het die onderwysers en al die kinders in die saal bymekaar gekom om berading te ontvang terwyl die polisie verklarings geneem het. Niemand is in die voorval beseer nie. Die groep is op pad terug na Centurion waar hulle verdere berading sal ontvang.
Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Bron: JacarandaFM
Lafaards, sagte teikens word gekies, bejaardes, kinders, vrouens. Net barbare is in staat tot soiets, regtig !!!!
So, nou kan mens nie eens meer jou kind op ‘n skoolkamp stuur nie???
Dis baie sleg! My ouers is die bestuurders van die oord waar die aanval plaasgevind het. My ouers is ook maar net bejaardes en sou geen weerstand kon bied teen rowers. Die wat daar geroof het is swakelinge! Hulle sal nog vervolg word!