Kinders versmoor in motor

Die liggame van twee dogtertjies is in ʼn motor in Zeerust in Noordwes gevind.

OFM berig dat die dogtertjies, onderskeidelik twee en drie jaar oud, se liggame in ʼn ou ongebruikte motor in die Henryville informele nedersetting gevind is. Emelda Setlhako, ʼn polisiewoordvoerder, sê die twee dogtertjies het glo in die motor, wat buite in die son gestaan het, gespeel. Sy sê die dogtertjies was in die sorg van hulle ouma aangesien hulle ma by die werk was. Setlhako sê die dogtertjies het glo in die motor aan die slaap geraak met die vensters toe en versmoor weens die hitte. Die polisie ondersoek die saak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.