Kinders vir voedselvergiftiging behandel

Meer as honderd skoolkinders van die Meyerton-omgewing in Gauteng moes Dinsdagmiddag vir beweerde voedselvergiftiging behandel word.

Volgens Chris Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval by ʼn skool in Henley-On-Klip plaasgevind. “Paramedici van ER24 en die provinsie se ambulansdiensteis na die skool ontbied nadat kinders en onderwysers begin siek word het,” het Banks gesê. “Hulle is by die skool ondersoek en het simptome van voedselvergiftiging getoon. Die kinders is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.