Kinderverkagter tydens 84ste hofverskyning gevonnis

Andries Sibiya, kort nadat hy gevonnis is. Foto: www.looklocal.co.za

Andries Sibiya (55), wat sy dogter vir nege jaar lank verkrag het, is vroeër die week tydens sy 84ste hofverskyning gevonnis.

LookLocal Lowveld berig dat Sibiya, wat reeds in 2008 skuldig bevind is op nege aanklagte van verkragting, Dinsdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis is en nie vir parool sal kan aansoek doen nie. Sibiya het bekend geword daarvoor dat hy tydens hofverrigtinge uit sy rolstoel op die grond neerslaan en rondrol voor hy op sy maag voor die beskuldigdebank gaan lê. Die saak is die afgelope vier jaar telkens uitgestel omdat Sibiya voorgegee het hy is siek.

Sibiya het sy dogter vanaf 13-jarige ouderdom van 1998 tot 2007 verkrag en drie kinders by haar verwek. Sibiya is aangekla met ʼn saak van verkragting vir elke jaar wat die verkragting geduur het. Landdros André Geldenhuys het egter beklemtoon dat sy gedwing is om twee tot drie keer per week met haar pa seks te hê. Geldenhuys sê dit is duidelik dat Sibiya die Bybel misbruik het om sy gesin te intimideer. Sibiya het glo selektief stukke van die Ou Testament gebruik om instemming te kry om met sy eie dogter seks te hê.

Lees meer hier.

Sibiya tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: www.looklocal.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.