Kinderverkragter swaar gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veroordeelde kinderverkragter is Woensdag in die Vryheid-streekshof in KwaZulu-Natal tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê Mzothule Sizwe Gwala se vonnisse sal nie gelyklopend uitgedien word nie wat beteken dat hy 125 jaar tronkstraf sal uitdien. Gwala is daaraan skuldig bevind dat hy ʼn 10-jarige meisie op 8 Desember 2010 verkrag het. Die meisie het glo na ʼn winkel geloop toe Gwala haar voorgekeer, na sy huis gedwing en haar verkrag het. Die meisie het haar ouers van die voorval vertel en dit is by die polisie aangemeld. “Gedurende die ondersoek het die slagoffer beweer dat die verdagte haar reeds verskeie kere in aparte voorvalle verkrag het.” Hy het glo gedreig om haar te vermoor indien sy iemand van die verkragting sou vertel. Gwala is skuldig bevind op vyf aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugenie ·

Waarom word ‘n barbaar aan die lewe gehou op die belastingbetalers se geld?

Doodstraf is die enigste oplossing en hopelik ‘n afskrikmiddel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.