‘King of Bling’ se broer ook vas

handcuffs3-320x257William Mashobane Mbatha, die sogenaamde ‘King of Bling’, se broer is in Atteridgeville, wes van Pretoria in hegtenis geneem.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê Mapogo Benson Mbatha (38) is vroeg Dinsdagoggend in ʼn kroeg in hegtenis geneem. Mbatha was glo by verskeie rooftogte by sakeondernemings en huise aan die Oos-Rand en in die Vaaldriehoek betrokke. Laasgenoemde se broer is in April 2012 tot 113 jaar tronkstraf gevonnis vir roof. Hy sal 35 jaar van sy tronkstraf uitdien. William Mbatha is die ‘King of Bling’ deur die media gedoop nadat hy op sy Facebook-profiel gespog het oor sy besittings, ontwerpersklere en duur drank.

Shaun “Zikies” Geduld (38), Mapogog Mbatha se beweerde medebeskuldigde, is in Desember in Eldorado Park, Johannesburg in hegtenis geneem. “Tydens Geduld se arrestasie is duur juwele en horlosies, soos Rolex en Rado, ter waarde van R1 miljoen op beslag gelê.” Geduld het reeds verskeie kere om borg aansoek gedoen maar sonder sukses. Hy sal weer op 28 Februarie in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.