ʼn Afleweringswerker het Woensdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog en die besit van ʼn onwettige verkooppunt (POS).
Die 35-jarige Kongolese burger was ʼn afleweringswerker by ʼn bekende kitskoswinkel in Emalahleni (Witbank) toe klante glo begin kla het oor addisionele kostes wat op hul bankrekeninge gedebiteer word. Dit nadat hulle vir bestellings by die POS, wat deur die afleweringsman voorsien is, betaal het.
Die Valke het die verdagte op 28 November 2019 in hegtenis geneem terwyl hy op pad was om kos by kliënte in die omgewing af te lewer.
ʼn POS-kaartleerapparaat is in sy besit gevind. Die span het ook die verdagte se huis deursoek en beslag gelê op ʼn gesteelde bankkaart, hardeskywe, skootrekenaars, drie rekenaaronderstelle, geheuestokkies, twee selfone en R120 000 in kontant.
Die verdagte het sedertdien verskeie kere in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding ná sy mees onlangse verskyning.
Sy saak is tot 28 Augustus uitgestel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Hoe is dit moontlik dat iemand wat so IT bedrewe is nie weet dat n bloedspoor agter hom is wat gevolg gaan word nie.
Weer ‘n buitelander
Geen einde ????????
Wat is ñ kaartleerapparaat?????
Hoe op dees aarde kry hy dit reg om in Suid Afrika werk te kry. ?Dis een van die redes waarom SA se werkloosheidsyfer so hoog is.