Klag oor ‘’n goeie boer is ‘n dooie boer’

AfriForum Jeug Pukke het Dinsdag die ANC-geaffilieerde studente-organisasie, SASCO, by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Menseregtekommissie verkla.

Dit volg nadat AfriForum Jeug Pukke klagtes van studente ontvang het dat die voorsitter van SASCO, Jason Mfusi, Maandag ‘n kennisgewing op die sosiale netwerk, Facebook, geplaas het wat lui: “My grandfather says ‘’n goeie boer is ‘n dooie boer’. Happy Sunday Mzanzi”. Die saak is ook by die minister van hoër onderwys aangemeld. “Dit is presies ‘n jaar ná die insident waartydens ‘n eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus gedurende die Ontvangs- en Bekendstellingsprogram verdrink het, en SASCO die NWU daarvan beskuldig het dat hulle rassisties is. SASCO maak bewerings van rassisme wanneer dit hulle pas. Sulke stellings, gemaak deur iemand wat in ‘n vrye bestel grootgeword het, blaas rassehaat aan onder jongmense en is die rede hoekom daar verdeeldheid onder jongmense bestaan,” het Stiaan Bruwer, voorsitter van AfriForum Jeug Pukke, gesê.

Bruwer sê verder dat die optrede en stellings van SASCO-lede aanduidend is van ‘n Malema-mentaliteit ten opsigte van ras. “Studente van die NWU wil nie vereenselwig word met uitlatings wat daarop uit is om geweld teen ‘n sekere gemeenskap aan te hits nie. Plaasmoorde in Suid-Afrika is ʼn verskriklike werklikheid. Terwyl Mfusi onverantwoordelike uitlatings maak, loop boere deur onder brutale geweld en misdaad.” AfriForum Jeug Pukke het ook die rassistiese kommentaar onder Facebook se aandag gebring en hoop dat dit so gou moontlik verwyder sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos van Rooyen ·

Die soort van uitlatings behoort nie blanke jeug te verdeel nie, maar juis sáám te snoer. Die ‘harde werk’ wat die kommunis sedert ’94 in al ons skole gedoen het sodat ons blanke tiener kinders verward en identeitsloos moes grootword, word gelukkig deur die einste booswigte weer afgebreek ook; dit kan as ‘n positiewe daad beskou word. Ek glo dat hierdie soort rassisme ons ‘brein-ontvoerde’ tieners se oë kan oopmaak sodat hulle kon sien wat die anc vir jare lank aan hulle gedoen het; die impak daarvan kan baie insigewend wees vir ‘n nuwe ontwaking uit die meer as twee geslagte tieners wat bykans ‘verlore’ vir ‘n boerevolk geword het. Ek kan slegs ons Hemelse Vader dank vir Sy groot genade en betydse tussentrede, want . . . dat dit Hy Self is wat nou vir ons volk op die mees onverwagte wyses begin intree, kan nie betwyfel word nie. Ek sou graag hoor wat my ander volksgenote se kommentare hieroor is.

B A Potgieter ·

Sulke uitlatings maak my net meer vasberade om die Na maaksels dood te skiet as hy net sy voete op my werf plaas. Die veretterings het van my n volslae Rassis gemaak. Vrek sal daai wetter vrek, al is dit van Aids of Tering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.