Klagtes teen SA troepe in DRK

Altesame 93 sake van wangedrag is al teen Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi is ondersoek.

“Daar is 93 sake waarby lede van die Suid-Afrikaanse weermag wat deel is van Monusco, die Verenigde Nasies (VN) se stabiliseringsmag in die DRK, betrokke is,” het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging, in ʼn verklaring gesê. Mapisa-Nqakula het ʼn verslag hieroor by die parlement ingedien. “Die verslag lys elk van die 93 gevalle, die besonderhede oor die aard van die beweerde oortreding, die uitslag van ‘n ondersoek, die straf wat uitgedeel is en die status van die lid teen wie aanklagte gebring is.” Mapisa-Nqakula sê vier soldate is reeds uit die weermag ontslaan nadat hulle onder meer skuldig bevind is aan seksuele wangedrag. Sy sê onvanpaste gedrag sal in die strengste ooreenstemming met die reg hanteer word en dat daar “eenvoudig geen ruimte vir misdaad en swak dissipline is in ‘n hoogs professionele mag soos die SANW nie.” Volgens berigte het Suid-Afrika meer as 1 200 soldate saam met Monusco ontplooi in die DRK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.