Klank: F.W. de Klerk Stigting kap staat oor rassediskriminasie

Die F.W. de Klerk Stigting het vandag ‘n mediakonferensie gehou om sy ondersteuning te wys vir Solidariteit se regstellendeaksiesaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD).

Dave Steward, uitvoerende hoof van die F.W. de Klerk Stigting, sê hulle het twee jaar gelede by die saak betrokke geraak toe beamptes van die DKD in die Wes-Kaap hulle genader het. Hy sê die beamptes het aan die Stigting gesê dat hulle nie bevorder gaan word deur die DKD nie aangesien bruin mense hulle 8,8% kwota oorskry het in die Wes-Kaap:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453205%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Steward sê volgens die grondwet mag die staat nie teen enigiemand diskrimineer op grond van hul ras nie. Hy sê hier is egter ʼn saak waar die staat teen Suid-Afrikaners diskrimineer slegs op grond van hulle ras. Steward sê vir die Stigting is dit onaanvaarbaar. Hy sê die Stigting glo dat die saak een van die belangrikste sake nog is om voor die hof te kom sedert die begin van die nuwe Suid-Afrika:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453206%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Steward sê die Stigting is oor die algemeen gekant teen enige vorm van diskriminasie gegrond op ras. Hy sê die Stigting is ook gekant teen die algemene toepassing van demografiese verteenwoordiging in die staatsdiens en ook in die privaatsektor:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453207%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Steward het ook tydens die mediakonferensie verwys na die uitlatings van Jimmy Manyi, voormalige regeringswoordvoerder en destydse direkteur-generaal van arbeid:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453208%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Steward sê die staat probeer die afdwing van die nasionale rassedemografie in werksplekke aan die land se geskiedenis en apartheid toeskryf terwyl hulle eerder deur die grondwet gelei moet word:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453209%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Op ʼn vraag oor of Solidariteit se hofsaak teen die DKD moontlik kan bydra tot verdeeldheid onder Suid-Afrikaners het Steward as volg geantwoord:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453211%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Steward sê hoewel daar die behoefte is vir regstellende aksie is dit die toepassing daarvan wat problematies is:

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/89453212%3Fsecret_token%3Ds-T6Rw2″ params=”” width=” 100%” height=”166″ iframe=”true” /]

Lees ook:
Dag 1: Solidariteit vs die DKD
Dag 2: Solidariteit vs die DKD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.