Klank: Omroeper afgedank na F-woord op lug

ʼn Omroeper by Talk Radio 702, Mark Esterhuysen, is afgedank nadat hy tydens ʼn nuusbulletin Dinsdagoggend verskeie kere kru taal gebruik het.

Volgens die nuusredakteur van Eyewitness News, Katie Katopodis, sê Esterhuysen is onmiddellik afgedank en deur veiligheidswagte uit die gebou vergesel. Esterhuysen was veronderstel om omstreeks 1:00 Dinsdagoggend die nuus te lees toe hy verskei kere die F-woord gebruik het en mense gevra het om hom op sosiale netwerke te volg. Eyewitness News het om verskoning gevra vir die voorval.

– Luister hier na die uitsending (Waarskuwing: Die uitsending bevat krutaal).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.